Raas en Rus Game Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 5 van Uitenhage Plaas, 211, Dwaalboom, 0319, Limpopo
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Raas en Rus Game Farm is in Dwaalboom in Limpopo naby die Botswana-grens geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir 'n gesin wat lief is vir die natuur.
Die kothuis maak van sonkrag gebruik, beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 1 stapelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer beskik oor 'n hoekbad, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met OpenView HD-kanale.
Gaste kan lekker buite in die natuur braai. Die wildsplaas het baie wild en gaste kan lekker voëlkyk, selfry-wildritte aanpak, voetslaan- en bergfietsroetes aandurf of 'n rustige piekniek in die bosveld geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Slaapsaalbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Marthie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Erfdeel 5 van Uitenhage Plaas, 211, Dwaalboom, 0319, Limpopo
- Gaste dink Raas en Rus Game Farm het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 5 van Uitenhage Plaas, 211, Dwaalboom, 0319, Limpopo