Raaswater
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Raaswater, Aqua Marinesingel, Club Mykonos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R945 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Raaswater is in die gewilde Club Mykonos-oord in Langebaan aan die Weskus geleë.
Verblyf word in 6 unieke ateljees met see-uitsigte aangebied. Studio Gemi en Studio Beta het elkeen 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 gaste. Dié ateljees is op die grondverdieping en het elkeen 'n binnebraai, kombuisie en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Studio Duet het dieselfde geriewe en dis op die boonste verdieping.
Studui Tesra het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens in die sitkamer. Dié ateljee is op die boonste verdieping en het 'n kombuisie, en suite-badkamer, 'n tweede badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet, en Weber-braaigeriewe. Studio Alfa het dieselfde geriewe, maar daar is 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed in elkeen en 'n enkelbed in die sitkamer.
Studio Delte het 'n uitsig oor die putt-putt-baan en beskik oor 2 slaapkamers. Dis op die boonste verdieping en het 'n kombuisie, badkamer met 'n groot stort, wasbak en 'n toilet en Weber-braaigeriewe.
Raaswater Exi en Raaswater Octo is 2 selfsorgwoonstelle met binnebraaigeriewe, 'n oopplan-leefarea, groot hangkas en 'n kombuis met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei en breekware. Raaswater Exi bied slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Raaswater Octo bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers waarvan 1 en suite is.
Gaste kan ontbyt by die Crystal Lagoon Lodge in Calypso Beach reël. Mykonos-oord het 'n gesogte seiljaghawe, Cape Town Fishmarket, Kapstadt Brauhaus, Dockside Cafe, Marcs Beachbar, Boesmanland Plaaskombuis, 'n casino, speletjieskamer, gimnasium, binnenshuise en buiteswembad, putt-putt-baan, tennisbane en 'n wassery. Daar is hope doendinge vir oud en jonk.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Anneke Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 434
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Raaswater, Aqua Marinesingel, Club Mykonos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Raaswater het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Raaswater, Aqua Marinesingel, Club Mykonos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang