Rainbow Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 35 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Belfast to Dullstroom-weg, Groenvlei, Belfast, 1100, Mpumalanga
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Rainbow Lodge is 'n pragtige plaas in die hartjie van Mpumalanga. Dit is op die Panoramaroete, halfpad tussen die Krugerwildtuin en Johannesburg, en net 250 km vanaf Pretoria en 250 km vanaf Johannesburg geleë. Dit is dus die ideale oornagplek. Rainbow Lodge sal gaste in die hartjie van die Highlands Meander betower, 'n pragtige deel van Mpumalanga wat veral vir helder strome, mere en asemrowende landskappe bekend is.
Verblyf word in 'n kothuis met slaapplek vir 11 en 'n rits selfsorghouthuisies met 'n Switserse styl gebied. Die eenhede word daagliks skoongemaak. Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is, sowel as 'n stoep of 'n balkon met braaigeriewe.
Die eenhede is reg langs groot visvangdamme geleë en goed geposisioneer om privaatheid te verseker. Daar is 'n rits roetes rondom die damme en in die woud wat gaste kan gaan verken om die plaaslike wild en natuur van nader te bewonder. Die uitsig oor die damme en vallei is ook beslis iets om te aanskou.
Die lodge is baie gewild onder bergfietsryers. Daar is verskeie kort, skilderagtige roetes op die plaas, sowel as 'n grondpad-netwerk net buite die plaas wat langer en meer uitdagende roetes bied.
Rainbow Lodge is troeteldiervriendelik.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Uli Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Belfast to Dullstroom-weg, Groenvlei, Belfast, 1100, Mpumalanga
- Gaste dink Rainbow Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 35 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Belfast to Dullstroom-weg, Groenvlei, Belfast, 1100, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang