Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ramsgate Palms 70

Selfsorg

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Ettienne Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 39

Op LekkeSlaap 7 jaar

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 5 resensies vir Ramsgate Palms 70
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.2/5
Jackie V - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jackie V

Geriewe is baie netjies, uitsig is baie mooi.

Sal graag wil voorstel dat webtuiste toekomstige vakansiegangers/huurders vroegtydig inlig indien daar 'n ernstige water/munisipale probleem is en nie as 'n mens op pad is na die bestemming toe nie. Ons was gelukkig gewees om net vir 2 dae die waterprobleem te ondervind. Ons besef dit is nie webtuiste of die eienaar se skuld vir dit nie, maar wel die plaaslike munisipale owerheid. Ek dink net dit sal beter wees dat vakansiegangers/huurders vroegtydig ingelig word. Ek verstaan dat elke dag eintlik 'n helse dobbelspel is wat die watersituasie aanbetref, gelukkig het ons die jackpot geslaan om lopende water te kon benut. Verder het ons dit terdeë geniet! See, klimaat ens. het ons eintlik lekker bederf.

Ramsgate Palms 70 se terugvoer

Hi Jackie
Dankie vir jou gunstige terugvoer.
Weereens jammer vir daardie 2 dae met die water tekort.
Soos jy klaarblyklik terdee begryp, is die stand van munisipale regeringsake deesdae so pateties in S.A. dat mens enige tyd, enige plek water onderbreking of elektrisiteit onderbrekings kan kry. Selfs hier in Kaapstad het ons onlangs vir 'n goeie 4 dae sonder munisipale water moes gaan a.g.v. 'n gebarste waterpyp. Dit klink asof Pretoria ook onlangs 'n riller onderbreking van 2 weke gehad in watertoevoer na sekere gegoede woonbuurtes aan die Ooste van die stad.
Daar is wel voorsorg maatreels getref deur Ramsgate Palms beheerliggaam, maar wanneer 'n langnaweek opduik, dan is hierdie kompleks propvol vakansiegangers en voorsorg gaan ook maar net so ver.
Groete daardie kant.
Ettienne

Ramsgate Palms 70
Krish P - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Krish P

Great place.

Family enjoyed the stay. However, due to the heat at night, the ceiling fans weren't very helpful. Maybe 1 aircon unit in the lounge to cool the flat would be nice. Another pool to cater for overflow of people would also be a great idea.

Elmarie D - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Elmarie D

Relatief gemaklik, maar ons het 'n paar probleme ondervind.

Die eenheid het 'n baie mooi uitsig en goeie ligging. Daar is egter ernstige onderhoud nodig. Ons moes deal met waterlekke, rooster wat krag uitskop en stoele wat breek weens veroudering. Dit kan ernstige beserings veroorsaak. Baie klein goedjies is gebreek of geroes bv. vrieskaslaai wat nie mooi oopmaak nie, skuifdeur se knip wat nie behoorlik inhaak nie. Die komplekstrappe se reling was gebreek wat veral ouer mense se veiligheid beïnvloed.

Ruan B - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ruan B

Uitstekende diens

Ettienne en sy span het tot ons redding gekom toe ons 10 uur die aand dringend ander blyplek nodig gehad het. Ons het heerlik gebly en die woonstel het als wat mens nodig het vir jou vakansie. Die woonstel is ook bietjie meer modern gemaak as wat die fotos wys.

Marius B - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marius B

Fantasties.

Diens was vinnig en vriendelik. Het die uitsig baie geniet. Onbeskryflik mooi.

Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R1 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Bidston-weg en Strachan-straat, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdmYmIxOTJlLTMyMzQtNDE4NC1hZjY2LTk4Y2M4Zjk1MWFhYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Corner of Bidston Road and Strachan Street Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.88732 30.350543

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang