Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rebellie Gaste Plaas - Loslit

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rebellie Wildplaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R3 550 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Rebellie Gaste Plaas - Loslit is 'n lieflike, onvergeetlike wegbreekplek in die Oos-Vrystaatste berge. Dit is net 14 km vanaf Clarens.

Rebellie Gaste Plaas - Loslit bied gerieflike verblyf vir 12 mense in 6 slaapkamers met 2 gedeelde badkamers. Elke slaapkamer het 'n privaat ingang en 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring. Een van die badkamers het 'n bad en stort en is rolstoelvriendelik. Die tweede badkamer het slegs 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en bevat 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, ketel en 2 tafels. Gaste is welkom om gebruik te maak van die braaigeriewe in die lapa met sy groot vensters en uitsig oor die berge en die omgewing.

Loslit is troeteldiervriendelik, maar klein hondjies moet asseblief aan leibande gehou word. Daar is nie 'n TV nie, maar gaste is welkom om CD-spelers, verkykers, en skildergereedskap te bring om spesiale oomblikke vas te vang.

Daar is ook nie grensdrade nie, so die swartwildebeeste, blesbokke, sebras en elande wei rond na hartelus, as jy gelukkig is sal hul 'n draai kom maak. Gaste kan gerus die berg gaan klim vir 'n pragtige uitsig oor Lesotho en Clarens. Bergfietse is ideaal vir gaste wat die plaas wil verken en ons het ook twee 4x4-roetes (moeilikheidsgraad 3 tot 5). Doendinge in die omgewing: teikenskiet, perdry, visvang, en riviervlotvaart.

Kamer-opset

Kapasiteit: 12 Aantal kamers: 6 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Ninette H
Saam met vriende
5.0
Groot groep vriende wat heerlik gekuier het. Altyd lekker op die plek!
Aug 2024
Charlene H
Saam met vriende
5.0
Best value for money. Heerlike verblyf met alles wat nodig is - waarde van die geld - ons sal graag aanbeveel dat daar dalk in die kamers dubbelbedden...
Sien meer
Jun 2024
Egon D
5.0
Fantastic. Fabulous place to stay. Wynand was an excellent host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023
Christian P
Saam met vriende
5.0
Amazing nature feeling. Amazing weekend. We had a lot of fun and enjoyed the nature so much. Thank you so much.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Anne C
Gesin met tieners
5.0
Prestine, beautiful spot close to Clarens. Brillant accommodation for a bigger group. Set up well with a gas plate or braai for load sh...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Wynand Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 68

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Rebellie Wildplaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Rebellie Gaste Plaas - Loslit het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 550
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R3 550
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rebellie Wildplaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1567eebcd88d7200c8d6128a6f9212a75e9eefd1314e0f0b2acec3a8bfd64b728b6d5b4c0663b68c4034d2cdad6a5e0c497f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 550 per nag (plek vir 12) 21 5 1 5 Farm Rebellie Off the R712 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.581491 28.485838

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang