Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Recato Gastehuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 139 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Jacqueline S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Puik. Puik gastehuis, netjies en skoon. Het 2 keer oorgeslaap daar en beide kere bederf met die lekkerste koffie en eetgoed voor slaaptyd. Al die ekstras met bederf in die koelkas en incheck saans of alles in orde is. Sal vir seker die gastehuis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Susan M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Ideale oorslaap op 'n lang pad. Netjies, mooi, warm bed. Niks uit plek. Bederf met 'n heerlike koffie en nagereg. Voldoende rigtingwysers en inligting oor nabygeleë eetplekke en fasiliteite.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karien B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Puik. Wat 'n ongelooflike netjiese, skoon, puik verblyf met ongelooflike gasvryheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Recato Gastehuis
Was aangenaam om julle te ontmoet. Baie dankie vir julle goeie resensie.

Shandre S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2024

Wonderlik. Dit was asemrowend en die gasheer was baie vriendelik. Elke dag was ons kamer netjies skoongemaak. Ek sal dit vir enige een aanbeveel. My seun het elke oomblik geniet. Dankie vir alles. Jy het my welkom laat voel en nagegaan of ek konstant nog ok is en iets nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Recato Gastehuis
Was aangenaam om jul te akkommodeer. Dankie vir jul goeie resensie.

Elbe W
Kort verblyf
5.0
Jun 2024

Recato is die enigste gastehuis vir my in Bloemfontein. Dit is die tweede keer dat ek hier oorslaap, en beter kan mens nie kry nie! Sy bederf met soveel ekstras: filterkoffie en ietsie te eet so voor slaaptyd, die lekkerste warmwatersakke op jou voorstoep wat sowaar amper die hele nag warm bly, 'n bederfie in die yskas, en so kan ek aangaan. Verder is plekkie toegerus met alles wat mens nodig het en nog meer. Linne is heerlik, handdoeke lekker groot en supernetjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Recato Gastehuis
Voorreg om jul te akkommodeer. Baie dankie.

Anneke M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Luuks, skoon, netjies, voorsien aan al ons behoeftes en meer. Heerlik gebly! Die plekkie was luuks, netjies en het heerlik geruik. Die gasvryheid het ons baie welkom laat voel. Die ekstra bederfies was 'n pluspunt. Ons sal beslis weer van die verblyf gebruik maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Recato Gastehuis
Dankie, ek waardeer.

Carl K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Wonderlike ervaring. Word ten sterkste aanbeveel. Baie netjies, puik diens, ongelooflik baie aandag aan fyn detail. Sal definitief weer hier wil oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Recato Gastehuis
Baie dankie vir jou 5 ster resensie. Ek verwelkom jou graag terug. Vriendelike groete Retha

Venter T
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Eersteklas Afrikaanse gasvryheid en verblyf! Ons wooneenheid was luuks, skoon, netjies en vars. Ons gasvrou het ons persoonlik en vriendelik ontvang en vreeslik bederf. Ons sien uit daarna om weer daar oor te oornag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Recato Gastehuis
Verwelkom julle graag terug. Baie dankie vir julle goeie resensie.

Anneme M
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2024

Baie lekker! Mooi, skoon en naby aan als. Sal weer daar gaan bly. Baie lekker! Mooi, skoon en naby aan als. Die koffie en sap was 'n groot bederf. Sal weer daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Recato Gastehuis
Pragtige gesin - verwelkom jul graag terug. Baie dankie.

Hannes R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

10 uit 10. Het vreeslik lekker gebly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Recato Gastehuis
Baie dankie!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Retha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 139

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elias Motsoaledi-straat 93, Langenhoven Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA78f7232fb41c6995c314a05cce2aa6500365426cbe350323759d5fa27fa3ba3b5d622ec39d5d2c00ec593ffb448b8d2157f6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 139 5 1 5 93 Elias Motsoaledi Street Langenhoven Park 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -29.098819 26.148657

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang