Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Recato Gastehuis

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elias Motsoaledi-straat 93, Langenhoven Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Recato Gastehuis is in Bloemfontein geleë. Die Kaaps-Hollandse gastehuis bied gaste die keuse tussen 2 eenhede wat elkeen slaapplek vir 2 gaste bied.

Gaste kan Eenheid 1 of Eenheid 2 bespreek, en elke eenheid het 'n privaat ingang en stoep. Eenhede beskik oor 'n koning- of koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en stort. Handdoeke word voorsien. 'n Ekstra bed kan in Eenheid 1 en 2 gesit word, en die koningingrootte-bed in Eenheid 2 kan ook opgemaak word as 2 enkelbeddens. Let asseblief dat rook binne die eenhede verbode is.

Elke eenheid het 'n kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.

Geen kosmaakgeriewe is beskikbaar nie, maar daar is wel 'n mikrogolfoond in die eenheid. 'n Gasbraaier kan op versoek voorsien word. Die eenhede beskik ook oor TV's met DStv en WiFi, sowel as waaiers en verwarmers. Hout, ontbyt en aandete kan op versoek voorsien word teen ekstra koste.

Die eenhede bied uitsigte oor die tuin en veilige parkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar. Voertuie kan op versoek gewas word.

Bloemfontein het 'n verskeidenheid besienswaardighede wat die moeite werd is om te besoek, insluitend die Waterfront, Mimosa Mall, die Andre Huguenot-teater, die Bloemfontein Dieretuin, die Botaniese Tuin, verskeie museums en restaurante en staproetes sowel as die Naval Hill Natuurreservaat.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 139 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jacqueline S
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Puik gastehuis, netjies en skoon. Het 2 keer oorgeslaap daar en beide kere bederf met die lekkerste koffie en eetgoed voor slaaptyd. Al die ekst...
Sien meer
Aug 2024
Susan M
Saam met lewensmaat
5.0
Ideale oorslaap op 'n lang pad. Netjies, mooi, warm bed. Niks uit plek. Bederf met 'n heerlike koffie en nagereg. Voldoende rigtingwysers en inligting...
Sien meer
Aug 2024
Karien B
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Wat 'n ongelooflike netjiese, skoon, puik verblyf met ongelooflike gasvryheid.
Jul 2024
Shandre S
Gesin met tieners
5.0
Wonderlik. Dit was asemrowend en die gasheer was baie vriendelik. Elke dag was ons kamer netjies skoongemaak. Ek sal dit vir enige een aanbeveel. My s...
Sien meer
Jul 2024
Elbe W
5.0
Recato is die enigste gastehuis vir my in Bloemfontein. Dit is die tweede keer dat ek hier oorslaap, en beter kan mens nie kry nie! Sy bederf met sove...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Retha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 139

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Elias Motsoaledi-straat 93, Langenhoven Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Recato Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elias Motsoaledi-straat 93, Langenhoven Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA78f7232fb41c6995c314a05cce2aa6500365426cbe350323759d5fa27fa3ba3b5d622ec39d5d2c00ec593ffb448b8d2157f6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 139 5 1 5 93 Elias Motsoaledi Street Langenhoven Park 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -29.098819 26.148657

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang