Red Box Villa
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Griz Nez-laan 45, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R10 000 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
The Red Box Villa is 'n gerieflike en moderne selfsorghuis vir 12 gaste in Plettenbergbaai, met 'n pragtige uitsig oor die vleiland.
Die huis het 6 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n sitarea op die boonste verdieping en 'n groot oopplan-kombuis, -eetarea en -kuierarea. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad.
Die derde slaapkamer het 'n stapelbed en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Dié kamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vyfde en sesde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof en elektriese oond, 'n dubbeldeur-yskas, mikrogolf, koffiemasjien, ysmasjien, skottelgoedwasser, 'n toonbank met stoeltjies en 'n aparte opwaskamer toegerus. Maaltye kan by die toonbank of aan die etenstafel vir 12 in die eetarea geniet word.
Gaste kan 'n pizza-oond en binnebraai in die kuierarea gebruik, en die knus sitarea op die boonste verdieping het 'n kaggel en 'n platskerm-TV.
Die villa spog met buitestorte om sand af te spoel na 'n dag op die strand, 'n pragtige swembaddek met sonstoele en stoepmeubels. Veilige parkeerplek word voorsien.
Die skouspelagtige vleiland is ideaal vir voëlkyk en dit is net 240 m van Solar Beach af. Plettenbergbaai bied verskeie restaurante, kafees, winkels en aktiwiteite soos staproetes, perdryroetes, walvis- en dolfynkyk en kajakvaart op die see. Vir die meer avontuurlike gaste is daar reksprong by Bloukransbrug. Gaste kan ook besoek aflê by die Bird of Prey Rehabilitation and Awareness Centre, Birds of Eden en Noah's Park & Wolf Sanctuary.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Kim Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Griz Nez-laan 45, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Red Box Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Robberg Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Griz Nez-laan 45, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang