Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Red Coral 2

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 27 Sep 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Norman-straat 17, Red Coral Apartments, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 R1 080 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Red Coral 2 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Strand. Dit is ideaal vir 'n kusvakansie saam met familie, aangesien dit net 200 m vanaf die strand is.

Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is 'n herlaaibare lig in die geval van beurtkrag. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.

Veilige onderdakparkeerplek is in die kompleks beskikbaar. Die woonstel is naby verskeie winkels en restaurante.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Barbara K
Gesin met klein kinders
5.0
Ons verblyf was uitstekend. Ons was tot bo op Tafelberg met die kabelkar. Magdie is die ideale gasvrou. Ons verblyf het seepglad verloop. Die see, win...
Sien meer
Jun 2024
Kerwin R
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic. Fantastic stay with family will indeed come again. Great place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Gunther B
Besigheidsreis
5.0
Uitstekend. Baie lekker gebly, baie netjies!
Mei 2024
Madeleine B
Gesin met tieners
5.0
Al ons verwagtinge is oortref. Die eienaar het ons hartlik verwelkom. Wow, dit was 'n awesome naweek. Die verblyf was baie nice. Dit was bo ons verwag...
Sien meer
Mei 2024
Monique G
Saam met vriende
5.0
Red Coral 2 was alles waarvoor ek gehoop het. Sal dit aanbeveel vir enige een. Dit was 'n wonderlike plek.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Magdie Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 10 maande

Ligging

  • Norman-straat 17, Red Coral Apartments, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Red Coral 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R1 350
R1 350 R1 080
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 350
R1 350 R1 080
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Norman-straat 17, Red Coral Apartments, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd31687c9397acd2b319578c70b7b65689c1fee177246eaa02805658a3d124d5ec3db14c4d53ac2b8575201141f2149f73a81?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 350 nouVanaf R1 080 per nag (plek vir 4) 14 5 1 5 17 Norman Street Red Coral Apartments 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.123193330633 18.833016326389

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang