Red Coral at The Beach
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Normanweg 15, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Red Coral at The Beach bied selfsorgverblyf in 'n veilige kompleks in die Strand, net 'n paar meter vanaf die strand en is ook naby restaurante en winkels.
Die moderne woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die aparte badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, eetgerei, breekware, 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser toegerus en het 'n toonbank met stoele. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel, gemaklike rusbanke, 'n TV en gratis WiFi. Die leefarea lei na 'n klein stoep met 'n uitsig oor die see en sonsondergange, asook op die berge.
Die woonstel het 1 veilige parkeerplek en gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Aktiwiteite in die omgewing sluit stap op die strand, swem, branderplankry, visvang, gholf by Prestigious Clubs, wynproe en plaaslike markte met vermaak, kunsvlyt en 'n verskeidenheid eet- en drinkgoed in. Kaapstad Internasionale Lughawe is net 36,5 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Normanweg 15, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Normanweg 15, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang