Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Red Olive Guest House & Studio

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boomstraat 8, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Red Olive Guest House & Studio is 'n toevlugsoord in 'n kunstige selfsorg-gastehuis met 'n boheems-sjiek gevoel. Dit is stapafstand vanaf die Vaalrivier en is versteek in 'n sprokiesmooi tuin vol voëlgesang.

Verblyf word gebied in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke en 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel met 6 stoele.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die sprankelende swembad. Braaigeriewe, 'n pizza-oond en veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis op die perseel is beskikbaar. Kleikunsklasse is beskikbaar mits dit vooraf bespreek word. Die lowerryke tuin het buitesitplek en 'n eetarea waar gaste maaltye kan geniet.

Die perseel het 'n boorgat met drinkwater en 'n rugsteunstelsel vir ligte en noodsaaklike items tydens beurtkrag.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Christelle B
Saam met vriende
5.0
Pragtige plek met 'n wonderlike gasvrou en perfekte ligging. Ons het vreeslik 'lekke geslaap' by die akkommodasie en was verwelkom met 'n heerlike tui...
Sien meer
Jun 2024
Lynn H
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful warm home from home. Outstanding, warm welcome, excellent host, home from home, beautiful guest house, artistic stunning home...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Jaques K
Gesin met klein kinders
5.0
Ons hele naweek was nog soveel beter as wat ons ooit voor kon hoop! Ons kan net met die heel grootste lof praat oor Red Olive Guest House & Studio! Va...
Sien meer
Apr 2024
Candice J
Gesin met klein kinders
5.0
Great family getaway. We had a wonderful stay at Red Olive Guest House & Studio. The host was a fantastic and welcomed us with a delici...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Mikela V
5.0
Great! We had such a wonderful weekend away at Red Olive Guest House & Studio. The host was the loveliest, giving us great restaurant s...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Anne-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Boomstraat 8, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Red Olive Guest House & Studio het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boomstraat 8, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAae1bb6a56588908e55a7045db462a0afb47aa7346231ef8c6a393c6a31d874cf8f4bc865125e236d63c8c2cef95e08db64e4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5) 9 5 1 5 8 Boom Sreet Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.9064496 27.4443381

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang