Red Ridge Mountain Lodge
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffelskloof Plaas, Klein Karoo, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Vanaf R1 725 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Red Ridge Mountain Lodge is in die hartjie van die prentjiemooi Klein Karoo en is 'n bekoorlike verblyf omring deur welige tuine met asemrowende uitsigte op die berge. Dit is 22 km vanaf Calitzdorp en is ideaal vir 'n wegbreek van die stad se gewoel.
Verblyf word gebied in kamers met slaapplek vir 2 gaste gebied, asook die selfsorg-kothuis vir 2 gaste. Elke eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Verder het al die koningkamers 'n koffiestasie met 'n yskassie, terwyl die Sage-eenheid 'n kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe het. In elke eenheid is daar 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kan by die buiteswembad ontspan terwyl hulle die natuur bewonder. Calitzdorp het 'n paar besienswaardighede, soos The Donkey Trail, Boplaas Family Vineyards, Calitzdorp Wynkelder, De Krans Wynkelder, Calitzdorp Museum en Perdry op Saint Helena Plaas.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Buffelskloof Plaas, Klein Karoo, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Klein-Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffelskloof Plaas, Klein Karoo, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang