Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Red Victorian Mansion

Gastehuis
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stellastraat 17, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Red Victorian Mansion, geleë in die lowerryke woonbuurt La Sandra, Somerset-Wes en omring deur boeiende berge en panoramiese uitsigte oor Valsbaai, is 'n bekoorlike Victoriaanse-styl huis wat gaste oornagverblyf bied.

Hierdie unieke eiendom bied gaste 'n keuse van 4 ruim en lugversorgde gastekamers asook 'n ateljee-eenheid op die grondvloer. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste en sluit 'n privaat en suite-badkamer met óf net 'n stort óf 'n bad en 'n stort in. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die huis bied gaste talle gemeenskaplike areas soos 'n oopplan-sitarea met 2 kaggels en 'n biljartkamer. Boonop is daar 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale eiland. Van die kombuis af lei 'n eetarea met 'n binnebraai. Die gemeenskaplike sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is oral in die eiendom beskikbaar.

Buite die huis is 'n ruim tuin met 'n lieflike swembadarea wat 'n ideale plek is vir gaste om heeltemal te ontspan en 'n bietjie son te vang. Die ligging van Red Victorian Mansion is 'n kort entjie se ry van Lourensford Wynlandgoed en Vergelegen Wynlandgoed af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Lee Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 19

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Stellastraat 17, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R2 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stellastraat 17, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA70f9b500f4d965412df5a09b1864809a10f03c776c2b1b65d99c6db3c6954417bf75a3849273014e620dfe6a23d150f799b2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 750 per nag (plek vir 2) 17 Stella Street Somerset West 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.06603359885 18.854952156939

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang