Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Reebok Akkommodasie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Fourie-laan, Reebok, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Reebok Akkommodasie is ’n vakansie-woonstel naby die strand in Reebok. Dié klein dorpie is tussen Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier en is net ’n kort ent se ry vanaf Hartenbos, Mosselbaai, George en George Lughawe.

Dié tweeslaapkamer-eenheid is op die grondvloer van die eienaars se huis en bied slaapplek aan 4 gaste en 'n baba tussen 0 en 24 maande. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, asook babageriewe. Dit sluit 'n eetstoel, bababad, 'n bababed met 'n matras, asook 'n speelkampie in, wat geskik is vir 'n kind van tot +-24 maande. Die badkamer het ’n stort. Die eenheid het 2 staanwaaiers, haardroër, radio en 'n kluis.

Aangesien almal deur beurtkrag geaffekteer word, het die verblyf ’n kragopwekker aangeskaf.

Die oopplan-kombuis is met ’n yskas-vrieskas, stoof/oond, 'n mikrogolfoond en alle ander basiese toerusting toegerus. Ander geriewe sluit ’n platskerm-TV met onafhanklike DStv, asook 'n DVD-speler, braaigeriewe en veilige parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel in. Gaste het ook toegang tot WiFi.

Linne en badhanddoeke word voorsien.

Besienswaardighede in die area sluit die Botlierskop Wildreservaat, Reebok-strand, Kleinbrak-strand, De Dekke Restaurant en ander restaurante, Oubaai-gholfbaan, asook ander gholfbane naby, en die Garden Route Casino in. Gaste kan ook gaan swem (die strand is stapafstand), stap, bergfietsry, kajakvaart, valskermsweef, visvang, helikopterritte en wynproe in die area. Gaste kan ook walvisse en dolfyne tussen Mei en Desember hier sien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

3

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbedjie

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Annelene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 7 Fourie-laan, Reebok, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Reebok Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Fourie-laan, Reebok, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfgIXYK8QpxlibGeAKsEOIryKP89jS979ZmKG7hK7EUUDHe40Vb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5) 4 5 1 5 7 Fourie Avenue Reebok 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 10:00-20:00 10:00 -34.075784 22.17488

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang