Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Reflections Eco-Reserve

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 13 en 4 van Drie Valleyen, Rondevlei, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Reflections Eco-reserve is 'n natuurreservaat in Rondevlei wat deur 'n gesin besit en bestuur word. Die reservaat word aan 3 kante begrens deur die Tuinroete Nasionale Park en die natuurskoon in hierdie omgewing is absoluut asemrowend.

Die akkommodasie bestaan uit 4 selfsorg-chalets en 2 safari-tente wat elk 'n en suite-badkamer het. Die luukse chalets is pragtig ingerig en het slaapplek vir maksimum 4 volwassenes en 2 kinders. Elkeen het 2 slaapkamers, 'n groot badkamer met 'n stort, bad, toilet, en nog 'n toilet en 'n buitestort. 'n Solderkamer bo het slaapplek vir nog enkelgaste en kinders.

Ons streef daarna om alles op 'n omgewingsvriendelike wyse te doen: al ons krag word deur die son en wind voorsien en elke huis het 'n geyser wat met sonkrag werk. Gaste word aangemoedig om gebruik te maak van natuurlike bio-afbreekware stort en badprodukte sodat die grondwater nie besoedel word nie.

Reflections Eco-reserve bied 'n perfekte wegbreek: Fantastiese swemstrande is net 15 minute van ons af, die wandelpaadjies en bergfietsroetes in die woud is pragtig, gaste kan kano's vaar en gholfspeel, en daar is pragtige voëls. Ons het al meer as 140 voëlspesies hier opgemerk en 2 visarende ('n broeipaar) bly ook hier. As mens die omgewing om die natuurreservaat ook insluit is daar meer as 200 voëlspesies. Ons het ons eie gids (wat by die S.A.T.O.U.R en F.G.A.S.A geregistreer) wat baie passievol is oor voëlkyk en jou kan bystaan in hierdie verband.

Ons het 'n aktiewe grondrehabilitasieprogram en het tot dusver daarin geslaag om 26 hektaar se indringerplante te verwyder. Die inheemse plante groei pragtig en ons sien elke seisoen iets nuuts wat ons motiveer in ons strewe tot groter verskeidenheid plante.

Kenmerke

Veilige Parkering

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir Reflections Eco-Reserve
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tim & Angelique Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Erfdeel 13 en 4 van Drie Valleyen, Rondevlei, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Reflections Eco-Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 13 en 4 van Drie Valleyen, Rondevlei, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhFCP8h1S7CMpvPWnQNU7qam8XTnjpZjQPPlbyf4gSAf9EydgDt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 Portion 13 and 4 of Farm Drie Valleyen Rondevlei 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -33.99247671662 22.703660130501

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang