Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Regent Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Regent-weg 73, Parklands, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Regent Villa bied lieflike selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Parklands, Kaapstad. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n gesin of 'n groot groep vriende wat die Moederstad wil verken.

Hierdie eiendom kan altesaam 10 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en stort. Die tweede en derde slaapkamers is elk ingerig met 'n koningingrootte-bed en 1 van hierdie kamers, saam met die hoofslaapkamer, maak oop op 'n Zen-agtertuin. Die vierde slaapkamer is ingerig met 'n driekwartstapelbed, terwyl die vyfde slaapkamer met 'n enkelstapelbed ingerig is. Hierdie vyfde slaapkamer het ook 'n werkspasie en 'n slim-TV met 'n speletjiekonsole.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien. 'n Ysmasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar. Boonop het die huis 'n wonderlike braaikamer met 'n kroeg, 'n sithoekie en 'n pizza-oond.

Buite is 'n lieflike Zen-tuin met 'n vuurput en sitplek wat 'n wonderlike plek is vir gaste om aan die einde van die dag met 'n skemerkelkie te ontspan. Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 21 km vanaf die gewilde V&A Waterfront, 25 km vanaf die ikoniese Tafelberg en 22 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Philip Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Regent-weg 73, Parklands, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Regent-weg 73, Parklands, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2a5d53473cf9deaf80a34f38150b43291880d54d83d7771a72cfe94507025fcbc4ae23d9b59238c1149a7db710c0ae4c4afb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 10) 73 Regent Road Parklands 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-22:00 10:00 -33.817281 18.500581

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang