Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Remini

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R680 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Remini is 'n tuinwoonstel in 'n doodloopstraat in die woonbuurt Wavecrest, Jeffreysbaai. Die eiendom grens aan die Noorsekloof Natuurreservaat met sy ryk voëllewe. Die boonste balkon bied 'n pragtige uitsig oor die see, die Noorsekloof Natuurreservaat en dele van Jeffreysbaai. Remini is ideaal vir gaste wat lief is vir die natuur en op soek is na 'n rustige, stil en veilige omgewing.

Die eenheid bied verblyf aan 2 gaste, hetsy 'n egpaar of 2 enkellopendes. Vir enkellopendes word 'n ekstra bed in die sitkamer voorsien.

Die eenheid beskik oor 'n sitkamer, 1 slaapkamer, 'n badkamer en 'n kombuis. Die sitkamer beskik oor 'n rusbank, gemakstoel, 'n bed en TV met DStv Premium. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n aparte toilet. Die kombuis is met 'n tafel en stoele, yskas, broodrooster, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, oond, gasstofie, ketel, breekware en eetgerei toegerus. 'n Strykyster, strykplank en 'n haardroër word voorsien. Daar is ook 'n stoep met braaigeriewe sowel as 'n boonste balkon met 'n pragtige uitsig.

Remini is sowat 800 m vanaf die strand, winkels en 'n gesinsrestaurant. Veilige parkeerplek en WiFi is beskikbaar.

Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet eie strandhanddoeke saambring.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Linda V
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Altyd lekker om daar te oornag.
Aug 2024
Etresia Struwig S
5.0
Gasvrou baie vriendelik, die plek is skoon, ruim, privaat met 'n pragtuin. Heerlik gebly by Remini.
Mei 2024
Pieter L
Saam met lewensmaat
5.0
Ruim akkommodasie geen load shedding. Baie lekker gebly, vriendelike eienaars.
Feb 2024
Lucille B
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike eienaars wat ons verwelkom het. Die plekkie het soos ons eie tuiste. Baie lekker! Tuis! Netjies!
Jan 2024
Wayne E
Saam met lewensmaat
5.0
Puik verblyf. Alles en nog meer wat ons gesoek het. Sal so ver gaan en sê dit was die beste verblyf wat ons al ooit deur LekkeSlaap verkry het.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Retha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Remini het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R680
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R680
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAG07fW6SoReO8QFCE7YnmenU3VyquMDvhqjCqNzVxh6h5G6Etje?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R680 per nag (plek vir 2) 59 5 1 5 54 Leadwood Street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0366069 24.924575

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang