Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Renosterfontein Akkommodasie

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jacobus Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 7 jaar

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 10 resensies vir Renosterfontein Akkommodasie
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.6/5
Andre P - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre P

Eienaar het self ons verwelkom, en so ook by die garage ons gesien toe ons op pad is huis toe. Baie aangename en vriendelike eienaars.

Die grondpad was terrible, baie gereën en dit was 'n senuweeagtige rit, aanduidigings nie baie sigbaar nie (eintlik geen). Mens kon nie seker maak nie, aangesien geen seine beskikbaar was nie.

Renosterfontein Akkommodasie se terugvoer

Baie Dankie Andre!!

Renosterfontein Akkommodasie
Christine J - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Christine J

Stille wegbreek na die viswaters.

Renosterfontein is 'n wonderlike wegbreek as 'n mens smag na stilte en natuur. Die eenheid was baie netjies en goed ingerig met alles wat mens kon benodig. Die ekstra gas wat ons ontvang het op ons koue naweek het baie gehelp en bestuur was behulpsaam en professioneel. Daaglikse skoonmaakdienste was 'n bederf en beddens was baie gemaklik. Ons sal beslis weer in die somer gaan!

Renosterfontein Akkommodasie se terugvoer

Hi Christine,
Baie Dankie vir jou mooi resensie!
Sien jul gou weer!
Groete

Renosterfontein Akkommodasie
Estelle K - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Estelle K

Pragtige omgewing om 'n rustige en genotvolle tyd deur te bring.

Ons tyd by Renosterfontein was net soos ons verwag het en meer. Rustig en dis nogal in so 'n mooi omgewing. Ons het die stap en kuier baie waardeer, veral omdat dit stil was en ons Milla kon saambring. Dankie aan Priscilla, oom Flip en die werkers. Die toertjie deur die tabakboerdery was baie insiggewend. Ons volgende kuier is by die water!

Alida S - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alida S

Lekker rustige plaasnaweek.

Net wat ek nodig gehad het.

Renosterfontein Akkommodasie se terugvoer

Ons is bly jul het dit geniet. Hoop om jul gou weer te sien.
Groete,
Priscilla

Renosterfontein Akkommodasie
Ane'mari W - Jun 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ane'mari W

Rus vir die siel.

Dit was heerlik gewees. Lekker rustig en hulle Tent Kamp is baie gerieflik en oulik.

Renosterfontein Akkommodasie se terugvoer

Baie dankie vir jou mooi resensie, Anemari. Ons hoop om julle gou weer te sien. Groete, Priscilla.

Renosterfontein Akkommodasie
Jaen F - Mei 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaen F

Beste gasvryheid, volledig toegeruste verblyf, daaglikse skoonmaakdiens is 'n bonus en oorgenoeg om te doen as jy lief is vir die buitelewe.

Ons het ons tydjie by Renosterfontein verskriklik baie geniet. Die hoogtepunte vir my kinders was die rit in die stroper, die was van die vliegtuig en die eerste vis wat hulle gevang het. Die verblyf is uitstekend en die huis is goed toegerus met alle benodigdhede, geensins nodig om enige iets saam te ry, want alles is daar. Die skoonmakers wat elke dag inkom en kom skoonmaak is 'n bonus en iets wat ons nie verwag het. Die personeel se gasvryhed en praatjies oor die plaas en distrik word baie waardeer. Daar is oorgenoeg oop vlaktes vir die kinders om rond te hardloop en met honde te speel. Renosterfontein sal ons definitief weer sien in die toekoms en is 'n aanbeveling vir enige gesin wat die plaaslewe en buitelewe geniet.

Renosterfontein Akkommodasie se terugvoer

Baie dankie vir jou mooi resensie, Jean. Julle is so n pragtigge famielie! Ons hoop om julle gou weer te sien.
Groete,
Priscilla

Renosterfontein Akkommodasie
Anonieme gas - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Anonieme gas
Gert S - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Gert S

Stil en rustig.

Vriendelike ontvangs, baie hulpvaardag en lekker gemaklike verblyf en kan visvang op voorstoep.

Lee-ann H - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Lee-ann H

Wat 'n lekker breek.

Ons het dit vreeslik geniet! Die eenheid was mooi skoon en netjies, gerieflik toegerus vir selfsorg. Die hout-voorsiening het baie handig in gekom. Die huishulp was bedagsaam, vriendelik en doeltreffend. Ons soek altyd plekke waar ons klein hondjies saam kan baljaar, veral om water en Renosterfontein was die perfekte plek. Ons het heerlik ontspan langs die dam en self 'n gelukkie weggeslaan met een vangs (catch and release, natuurlik). Ons sien julle vir seker weer, baie gou.

Renosterfontein Akkommodasie se terugvoer

Baie dankie vir jou mooi resensie, Lee-Ann.

Ons hoop om julle gou weer te sien.

Groete

Priscilla

Renosterfontein Akkommodasie
Chantelle V - Mei 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Chantelle V

Baie lekker rustige atmosfeer

Baie lekker rustige atmosfeer weg van al die gejaag, die grondpad was nie wonderlik nie, maar die moeite werd om aan te pak.

Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 08:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 15:00
  • Adres: Renosterfontein Plaas, Rankinspas, Modimolle, 0512, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8a33b3bc7f276ea54a44fddeb7395881a36213e102ca25a07ec689366be2bfc04d57b2860732c91d54cea0309549b5aeac9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Renosterfontein Plaas Rankins Pass 0512 Limpopo 021 201 8901 08:00-18:00 15:00 -24.542692441606 27.857626676559
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang