Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Renosterfontein Akkommodasie

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.3
Andre P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2023

Eienaar het self ons verwelkom, en so ook by die garage ons gesien toe ons op pad is huis toe. Baie aangename en vriendelike eienaars. Die grondpad was terrible, baie gereën en dit was 'n senuweeagtige rit, aanduidigings nie baie sigbaar nie (eintlik geen). Mens kon nie seker maak nie, aangesien geen seine beskikbaar was nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacobus
Renosterfontein Akkommodasie
Baie Dankie Andre!!

Christine J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Jun 2019

Stille wegbreek na die viswaters. Renosterfontein is 'n wonderlike wegbreek as 'n mens smag na stilte en natuur. Die eenheid was baie netjies en goed ingerig met alles wat mens kon benodig. Die ekstra gas wat ons ontvang het op ons koue naweek het baie gehelp en bestuur was behulpsaam en professioneel. Daaglikse skoonmaakdienste was 'n bederf en beddens was baie gemaklik. Ons sal beslis weer in die somer gaan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Jacobus
Renosterfontein Akkommodasie
Hi Christine, Baie Dankie vir jou mooi resensie! Sien jul gou weer! Groete

Estelle K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jun 2018

Pragtige omgewing om 'n rustige en genotvolle tyd deur te bring. Ons tyd by Renosterfontein was net soos ons verwag het en meer. Rustig en dis nogal in so 'n mooi omgewing. Ons het die stap en kuier baie waardeer, veral omdat dit stil was en ons Milla kon saambring. Dankie aan Priscilla, oom Flip en die werkers. Die toertjie deur die tabakboerdery was baie insiggewend. Ons volgende kuier is by die water!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Alida S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2017

Lekker rustige plaasnaweek. Net wat ek nodig gehad het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacobus
Renosterfontein Akkommodasie
Ons is bly jul het dit geniet. Hoop om jul gou weer te sien. Groete, Priscilla

Ane'mari W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2017

Rus vir die siel. Dit was heerlik gewees. Lekker rustig en hulle Tent Kamp is baie gerieflik en oulik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacobus
Renosterfontein Akkommodasie
Baie dankie vir jou mooi resensie, Anemari. Ons hoop om julle gou weer te sien. Groete, Priscilla.

Jaen F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2017

Beste gasvryheid, volledig toegeruste verblyf, daaglikse skoonmaakdiens is 'n bonus en oorgenoeg om te doen as jy lief is vir die buitelewe. Ons het ons tydjie by Renosterfontein verskriklik baie geniet. Die hoogtepunte vir my kinders was die rit in die stroper, die was van die vliegtuig en die eerste vis wat hulle gevang het. Die verblyf is uitstekend en die huis is goed toegerus met alle benodigdhede, geensins nodig om enige iets saam te ry, want alles is daar. Die skoonmakers wat elke dag inkom en kom skoonmaak is 'n bonus en iets wat ons nie verwag het. Die personeel se gasvryhed en praatjies oor die plaas en distrik word baie waardeer. Daar is oorgenoeg oop vlaktes vir die kinders om rond te hardloop en met honde te speel. Renosterfontein sal ons definitief weer sien in die toekoms en is 'n aanbeveling vir enige gesin wat die plaaslewe en buitelewe geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacobus
Renosterfontein Akkommodasie
Baie dankie vir jou mooi resensie, Jean. Julle is so n pragtigge famielie! Ons hoop om julle gou weer te sien. Groete, Priscilla

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Des 2017

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Gert S
1 nag
4.2
Okt 2017

Stil en rustig. Vriendelike ontvangs, baie hulpvaardag en lekker gemaklike verblyf en kan visvang op voorstoep.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Lee-ann H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Apr 2017

Wat 'n lekker breek. Ons het dit vreeslik geniet! Die eenheid was mooi skoon en netjies, gerieflik toegerus vir selfsorg. Die hout-voorsiening het baie handig in gekom. Die huishulp was bedagsaam, vriendelik en doeltreffend. Ons soek altyd plekke waar ons klein hondjies saam kan baljaar, veral om water en Renosterfontein was die perfekte plek. Ons het heerlik ontspan langs die dam en self 'n gelukkie weggeslaan met een vangs (catch and release, natuurlik). Ons sien julle vir seker weer, baie gou.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Jacobus
Renosterfontein Akkommodasie
Baie dankie vir jou mooi resensie, Lee-Ann. Ons hoop om julle gou weer te sien. Groete Priscilla

Chantelle V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Mei 2017

Baie lekker rustige atmosfeer Baie lekker rustige atmosfeer weg van al die gejaag, die grondpad was nie wonderlik nie, maar die moeite werd om aan te pak.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jacobus Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 08:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 15:00
  • Adres: Renosterfontein Plaas, Rankinspas, Modimolle, 0512, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8a33b3bc7f276ea54a44fddeb7395881a36213e102ca25a07ec689366be2bfc04d57b2860732c91d54cea0309549b5aeac9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Renosterfontein Plaas Rankins Pass 0512 Limpopo 021 201 8901 08:00-18:00 15:00 -24.542692441606 27.857626676559

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang