Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rest @ Chabivin Vineyard Studio

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwklippenweg, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rest @ Chabivin Vineyard Studio bied selfsorgverblyf op 'n boetiekwynplaas wat vonkelwyn maak in Stellenbosch. Dit is privaat geleë tussen wingerde en 'n bloekombos. Gaste kan op die rusbanke onder die bome ontspan of by die vuur sit en die uitsig op berge bewonder.

The Rest @ Chabivin Vineyard Studio het slaapplek vir 2 mense. Dié moderne ateljeewoonstel is 70 m² groot en die dek met sy uitsig oor die wingerd is 30 m². Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad en stort. Die kombuisie is ten volle toegerus met al die basiese benodigdhede. Die leefarea het 'n tabletrekenaar met Netflix en WiFi wat aan die TV gekoppel is. 'n Bluetooth-luidspreker en Spotify-musiekbiblioteek is ook beskikbaar. Verder is daar ook 'n kaggel. Die dek het 'n lieflike omgewingsvriendelike borrelbad vir romantiese aande en daar is 'n vuurput vir diegene wat 'n vleisie op die vuur wil gooi of 'n vuurtjie wil aansteek.

Die sekuriteit op die plaas is uitstekend - net gaste en inwoners het afstandbeheerde toegang.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Leon J
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en stil. Die voor vines studio is 'n pragtige plekkie en wonderlike wegbreekplek vir die besige lewe. Die kaggel het ook die plek warm gemaak o...
Sien meer
Aug 2024
Ian T
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect Stellenbosch stay. We had a fantastic 2-night stay. The cottage is really well equipped and spacious. The fireplace works like ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Marlize N
Saam met lewensmaat
5.0
Vreeslike netjiese en luukse verblyf, kort afstand van alles in Stellenbosch. Ons is vriendelik ontvang en die kaggel was heerlik in die koue reën da...
Sien meer
Apr 2023
Zanta Anthea P
Saam met lewensmaat
4.8
Marvelous. It was lovely, the place is very tranquil and the host is very friendly and helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Michael J
Saam met lewensmaat
4.4
Love it. Enjoy the 2 nights stay with my wife. The breakfast in bed was a special bonus.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Danelle Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 79

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Blaauwklippenweg, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rest @ Chabivin Vineyard Studio het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwklippenweg, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmNmQxZGI5LWU5ODYtNDFlNC1iMWRjLTRmNWMwMTU1ZjYxMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2) 41 5 1 5 Blaauwklippen Road Paradyskloof 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.973534 18.852284

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang