Rest-a-While Guest House
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ingrid Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 110
Op LekkeSlaap 9 jaar
Opsomming van Resensie
Elvis S - Sep 2024
Algehele gradering
Die verblyf het al ons verwagtinge oortref. Die ontvangs is warm en hartlik.
Sune D - Sep 2024
Algehele gradering
Lekker geslaap.
Karin D - Sep 2024
Algehele gradering
Parkering is net 'n probleem, veral met groter voertuie soos SUV.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Dankie vir jou terugvoering. Ons is bly dat jou verblyf by ons na wense was, en ja, die parkering is soms 'n probleem - veral met die groter voertuie. Jammer daaroor. Mooi dag vir jou.
Johann H - Aug 2024
Algehele gradering
Fantastiese waarde vir geld.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Dankie vir jou positiewe resensie. Ons hoop ons sien jou weer hier een of ander tyd. Mooi dag vir jou.
Joanna B - Jul 2024
Algehele gradering
Baie gerieflik, gasvry en netjies.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie. Dit was 'n plesier om julle te huisves. Kom gerus weer.
Dewald S - Jun 2024
Algehele gradering
Fantasties.
Yvonne R - Jun 2024
Algehele gradering
Gemaklik en salig.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Ons is bly julle het julle verblyf by ons geniet. Kom gerus weer.
Herman C - Mrt 2024
Algehele gradering
Baie netjies, skoon, veilig, goed geleë en vriendelike diens en ontvangs.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie, Herman. Dit was lekker om julle te ontmoet en ons is bly dat julle jul verblyf by ons geniet het. Ons hoop ons sien julle weer een van die dae. Mooi bly.
Ivo W - Mrt 2024
Algehele gradering
A very pleasant stay.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie. Dit was lekker om jou te kon ontmoet en ons is bly dat jy jou verblyf hier geniet het. Ons sien uit daarna om jou weer hier te verwelkom.
Belinda J - Feb 2024
Algehele gradering
Rustig.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Belinda. Dit was lekker om julle hier te kon hê en ons hoop ons sien julle weer. Mooi dag vir jou.
Jacobus W - Jan 2024
Algehele gradering
Het verblyf by Rest-a-While Guest House werklik geniet. Sal weer so maak.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi resensie, Jacobus. Dit doen ons harte goed wanneer ons gaste tevrede is met ons diens en ons sien daarna uit om jou weer hier te verwelkom. Mooi dag vir jou.
Antonie S - Sep 2024
Algehele gradering
Een aand oorslaap na 'n lang dag by die skou.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Hoop ons sien jou weer wanneer jy in Pretoria kom.
Hein J - Aug 2024
Algehele gradering
Alles in orde en sal aanbeveel.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie. Kom gerus weer.
Rf Monitoring Systems S - Sep 2024
Algehele gradering
Stay was ok.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Thank you for taking the trouble to give us your review.
Our profile clearly states that we are not a self-catering venue. Our manager went out of her way to provide the facilities for your staff to enable them to prepare meals for themselves, yet you give her a 3 for customer service (most guests give us a rating of 5). We charged them R100 for 5 days to cover, amongst other costs, electricity and cleaning up after they had eaten. I don't think this is too much to ask.
To give us a totally negative report is unfair. You give us a 2 for security, but we have an electric fence as well as CCTV cameras covering the property.
Cleanliness is 3 - our rooms are cleaned daily and are super clean (most guests give us a rating of 5).
Gert H - Des 2023
Algehele gradering
Heerlik!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Gert Helberg. Ons sien daarna uit om julle weer hier te huisves en wens julle alles wat mooi is vir 2024.
Mia E - Des 2023
Algehele gradering
Ontspannend en puik diens!
Roland A - Des 2023
Algehele gradering
Met all expectations.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Thank you for giving us a top review, Roland Ashenden. It was our pleasure hosting you and we trust that we will see you again soon. We wish you everything of the best for 2024.
Kobus M - Nov 2023
Algehele gradering
Dit was soos om by die huis te wees.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir julle top resensie. Dit was ons voorreg om julle te kon huisves en ons hoop ons sien julle sommer binnekort weer. Alles wat mooi is vir 2024.
Hettie S - Okt 2023
Algehele gradering
Rustig en netjies.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir julle wonderlike resensie. Dit was ons voorreg om julle te kon huisves en ons is bly dat alles na wense was. Kom gerus weer. Ons wens julle alles wat mooi is toe vir 2024.
Elzette V - Aug 2023
Algehele gradering
Wonderlike gastehuis! Sal vir seker weer daar bly!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Elzette, vir hierdie wonderlike resensie. Dit was lekker om julle te ontmoet en om julle hier te kon huisves en ons sien daarna uit om julle weer hier te hê.
Alan T - Jul 2023
Algehele gradering
Goeie waarde vir geld.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Alan vir jou resensie. Ons is bly julle het die verblyf hier geniet en ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom.
Shaune B - Jun 2023
Algehele gradering
Netjies, skoon en baie veilig.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Shaun vir hierdie mooi resensie. Dit was aangenaam om julle te ontmoet en ek is bly dat julle jul verblyf hier geniet het. Ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom. Lekker dag vir julle.
Dewald K - Mei 2023
Algehele gradering
Goeie ligging, skoon en waarde vir geld.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Dewald vir jou mooi resensie. Dit was 'n plesier om julle hier te kon huisves en ek hoop ons sien julle weer een van die dae. 'n Heerlike naweek vir julle. Vriendelike groet. Chris and Ingrid.
Elsie V - Apr 2023
Algehele gradering
Rustige, kalm atmosfeer.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Dit was lekker om julle hier te kon huisves en ons hoop ons sien julle weer een of ander tyd. 'n Heerlike dag vir jou. Jammer ek kon julle weens 'n operasie nie persoonlik ontmoet nie. Vriendelike groete, Chris & Ingrid
Marilet S - Apr 2023
Algehele gradering
Gasvrye en sorgsame eienaars. Lekker verblyf.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir hierdie pragtige resensie. Dit was lekker om julle te ontmoet en ek is bly ons kon vir julle help met die fietse. Ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom. Lekker naweek vir julle. Chris & Ingrid
Corne E - Mrt 2023
Algehele gradering
Baie rustige kuier gewees!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir julle resensie. Waardeer dit geweldig. Dit was lekker om julle te ontmoet en ons is bly dat julle jul verblyf by Resdt-a-While Gastehuis in Pretoria geniet het. Kom gerus weer!
Charon R - Feb 2023
Algehele gradering
Voldoen aan standaarde.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Charon. Dit was gaaf om julle te ontmoet en ons is bly dat julle jul verblyf by ons geniet het. Kom gerus weer.
Ziana W - Jan 2023
Algehele gradering
Vriendelike, gesellige kuier.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Ziana, vir jou positiewe resensie. Dit was lekker om julle hier te kon hê en ek is bly dat ons vir julle van diens kon wees. Ons wens julle 'n heerlike dag toe.
Johan B - Mrt 2023
Algehele gradering
Baie aangenaam. Alles netjies en in werkende toestand. Baie vriendelik ontvang.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Johan. Ek is bly julle het julle verblyf by Rest-a-While Gastehuis in Pretoria geniet. Jy is reg, ons is nie 'n toeriste bestemming nie, want ons wil dit vir ons gaste so aangenaam moontlik maak. Lekker dag vir jou.
Albert V - Feb 2023
Algehele gradering
Gerieflike, netjiese verblyf.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Dankie vir jou resensie, Albert. Ek is bly julle het julle verblyf hier geniet en ons hoop ons sien julle weer een of ander tyd. Lekker dag vir jou.
Maria K - Jul 2023
Algehele gradering
Ek het baie lekker gebly.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie Maria. Dit was aangenaam om jou te ontmoet en ons vertrou dat ons meer van jou hier sal sien. Vriendelike groete, Chris en Ingrid
Stiaan H - Apr 2023
Algehele gradering
Baie vriendelik met al die nodige inligting en reëlings.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Stiaan vir jou baie mooi resensie. Dit was lekker om julle te ontmoet en ek is bly dat julle jul tydjie hier geniet het. Kom gerus weer! Lekker naweek. Chris & Ingrid
Sieg E - Feb 2023
Algehele gradering
Gerieflik en netjies teen 'n uitstekende prys.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Sieg. Dit was lekker om julle te ontmoet en ons is bly dat julle jul verblyf hier geniet het. Kom maak gerus weer 'n draai by Resdt-a-While Gastehuis in Pretoria.
Mia K - Nov 2022
Algehele gradering
Baie vriendelik ontvang, en baie lekker gebly.
Johannes B - Sep 2022
Algehele gradering
Skoolfunksie en verblyf vir personeel.
Lees meerRest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie, Tiaan, vir jou wonderlike resensie.
Dit was heerlik om julle klompie hier te kon huisves en ons is bly saam met julle vir die wonderlike uitslag van julle kompetisie.
Ons sien sommer daarna uit om julle weer hier te verwelkom.
Vriendelike groete,
Chris & Ingrid
Jg V - Aug 2022
Algehele gradering
Het voldoen aan al die nodige vir oornag en Ingrid het mens dadelik baie tuis laat voel.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, JG. Dit was 'n plesier om julle te kon huisves en ons hoop ons sien julle weer eendag.
Lekker dag
Chris en Ingrid Robbertze
Suzanne S - Jul 2022
Algehele gradering
Gerieflik naby die lughawe, perfek gewees vir ons groep.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Ons waardeer dit. Hoop julle het julle kuiertjie in die Kruger Wildtuin geniet. Ons hoop dat ons julle een of ander tyd weer sal sien,
'n Heerlike naweek vir julle.
Chris and Ingrid Robbertze
Lorraine P - Jun 2022
Algehele gradering
Goeie diens!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Lorraine. Dit was lekker om jou hier te kon hê en ons hoop ons sien jou weer een of ander tyd.
Lekker dag vir jou.
Chris en Ingrid Robbertze
Sonja L - Apr 2022
Algehele gradering
Welkom en gemaklik, warm.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Sonja vir jou pragtige resensie. Dit was so lekker om julle hier te kon hê en ons is bly dat julle dit geniet het. Ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom.
'n Heerlike dag vir julle
Chris & Ingrid Robbertze
Henriette C - Feb 2022
Algehele gradering
Goeie diens, heerlike ontbyt. Vriendelike bestuur en personeel. Gastehuis pragtig en netjies.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie, Henriëtte. Dit was aangenaam om julle hier te kon huisves en ons hoop ons sien julle sommer eersdaags weer.
'n Heerlike dag vir jou
Chris & Ingrid Robbertze
Herman V - Nov 2022
Algehele gradering
Altyd lekker om by Rest-a-While te slaap as ons in Pretoria kom kuier.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Herman, vir jou skitterende resensie. Dis altyd lekker om julle hier te kan verwelkom en ons sien uit daarna om julle weer hier te sien. Geniet die vakansie by die kinders.
Pieter V - Okt 2022
Algehele gradering
Goeie ontvangs en skoon.
Salome S - Aug 2022
Algehele gradering
Gemaklik, rustig en veilig.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Salome vir jou baie positiewe resensie. Dit was aangenaam om julle hier te hê en ons vertrou julle het sommer lekker by julle familie gekuier. Kom gerus weer.
Lekker dag
Ingrid Robbertze
Francois V - Okt 2022
Algehele gradering
Baie lekker gewees en kan nie gekla het oor die diens nie.
Lees meerRest-a-While Guest House se terugvoer
Dankie vir jou positiewe resensie Francois. Ek het die agterste parkering vir jou toegeken waar dit maklik sou gewees het vir jou om in en uit te beweeg. Ons is bewus van die parkeringsituasie en probeer gewoonlik om die parkering so toe te ken dat dit die minste ongerief vir die gaste veroorsaak. Ongelukkig was daar gaste wat met twee motors gekom het, (terwyl ons net een motor per kamer toelaat) en hulle het ongemagtig jou parkering ingeneem. Ek vra verskoning vir die ongerief.
Kom gerus weer.
Mandri O - Nov 2021
Algehele gradering
Baie lekker!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Mandri. Dit was lekker om julle hier te kon huisves en ons vertrou dat ons julle eersdaags weer sal sien. 'n Heerlike dag vir julle.
Andrea B - Okt 2021
Algehele gradering
Baie netjies en 'n mens voel tuis.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Andrea. Dit was lekker om julle hier te hê en ons hoop dat ons julle sommer gou weer hier kan verwelkom.
Martie N - Mei 2021
Algehele gradering
Bed te klein vir 'n volwasse man.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Ons is verskriklik jammer om te hoor dat jy van die bed af geval het. Ons was nie bewus daarvan dat jy ongemaklik geslaap het nie - jy moes vir my dit genoem het dan kon ek jou na 'n groter kamer met 'n koningsgrootte bed gegee het. Ons vertrou dat dit die enigste probleem was en hoop dat jy dit weer sal oorweeg om by ons oor te slaap wanneer jy in Pretoria moet wees.
'n Heerlike dag vir jou
Barry N - Jan 2020
Algehele gradering
Gerieflik, gemaklik en voel sommer tuis.
Daleen C - Okt 2020
Algehele gradering
Baie netjiese plekkie.
Herman V - Okt 2020
Algehele gradering
Alles was soos ek verwag het.
Clarissa B - Nov 2019
Algehele gradering
Baie lekker en baie skoon.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir julle resensie, Clarissa. Dit was lekker om julle hier te kon huisves en ek is bly julle het die buite-geriewe ook geniet. Ons sien daarna uit om julle weer by ons te verwelkom.
Vriendelike groete,
Chris & Ingrid Robbertze
Christiaan J - Nov 2019
Algehele gradering
Aangenaam, vriendelike eienaar, lekker spasie in die kamer en badkamer. Lekker groot swembad en ideale braaigeriewe.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Christiaan. Dit was lekker om julle hier te kon huisves en ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom.
Vriendelike groete
Chris en Ingrid
Deon B - Okt 2019
Algehele gradering
Goeie waarde vir geld!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou goeie resensie, Deon. Dit was lekker om julle hier te kon ontvang en ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
'n Lekker dag vir julle!
Groete
Rest-a-While
Lizelle V - Sep 2019
Algehele gradering
Gasvryheid op sy beste.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Lizelle vir jou baie goeie resensie. Dit was lekker om julle hier te kon verwelkom en ons sien daarna uit om julle weer hier te ontvang. Lekker dag vir jou!
Susan O - Aug 2019
Algehele gradering
Verblyf en ontvang was van die beste gehalte vriendelik ontvang en baie goed behandel.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou uitstekende resensie. Jammer ek antwoord nou eers, maar dit het bietjie dol gegaan sonder my man se hulp. Ons hoop ons sien jou weer eendag hier by ons. 'n Lekker dag vir jou!
Melanie S - Aug 2019
Algehele gradering
Baie rustige, netjies verblyf.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Dit was lekker om julle weer hier te kon verwelkom en ons hoop julle maak weer so.
Geniet die dag
Ruby V - Aug 2019
Algehele gradering
Rustig, netjies en veilige omgewing. Ons tweede keer wat ons hier bespreek het en sal dit beslis aanbeveel.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Ruby. Dit was lekker om julle weer hier te hê en ons sien uit na jul volgende kuiertjie!
Shaun C - Jul 2019
Algehele gradering
Uitstekende diens en verblyf.
Angelique V - Jul 2019
Algehele gradering
Baie vriendelik en huislik.
Letichia K - Apr 2019
Algehele gradering
Stil, rustig en baie netjies.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie, Letichia. Dit was lekker om julle hier te hê en ons is bly dat julle jul verblyf hier geniet het.
Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete,
Chris en Ingrid
Raymond L - Apr 2019
Algehele gradering
Comfortable, professional and clean.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Thank you for your review, Raymond. We are glad that you enjoyed your stay at Rest-a-While.
Do come again and have a great day!
Kind regards,
Chris and Ingrid
Melt C - Mrt 2019
Algehele gradering
Home away from home.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie, Melt.
Dit was lekker om jou hier by Rest-a-While te kon hê. Ons sien uit na jou volgende besoek!
Lekker dag,
Chris en Ingrid Robbertze
Paulinah A - Feb 2019
Algehele gradering
Nice place to rest a while.
Ml H - Nov 2019
Algehele gradering
Goeie diens, baie netjies en baie mooi!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Mignon. Ons waardeer die insette wat julle lewer. Kom gerus weer. 'n Lekker dag vir jou.
Vriendelike groete
Chris en Ingrid
Louw L - Jun 2019
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Liesl W - Jun 2019
Algehele gradering
Het inderdaad lekker geslaap.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie, Liesl, vir jou resensie. Dit was aangenaam om julle hier te kon huisves en ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom. Ons sal die spieël idee aandag gee.
Vriendelike groete,
Chris en Ingrid Robbertze
Suzanne M - Feb 2019
Algehele gradering
Pragtige kamers en vriendelike eienaars.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou pragtige resensie. Ons waardeer dit. Met betrekking tot jou klagte t.o.v. die matrasse - dis medies gegradeerde matrasse wat daarop gemik is om jou rug te steun. Ek kan net sê dat my seun het vir 'n lang tyd met 'n seer rug opgestaan, maar nadat hy vir 3 nagte op dié matras geslaap het, was sy rugpyn weg.
Lekker dag vir julle, en ons hoop ons sien julle weer.
Vriendelike groete,
Chris & Ingrid Robbertze
Maryna R - Mei 2019
Algehele gradering
Gee om vir hul gaste, voorwaar tuis.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Maryna.
Dit was aangenaam om jou hier te kon huisves en ons vertrou dat dit beter gaan met jou man se gesondheid.
Vriendelike groete
Chris & Ingrid
Tracy D - Sep 2019
Algehele gradering
Impressed.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Beïndruk.
Geen probleme nie, was baie gemaklik en die geld werd.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Thank you for your very positive review, Tracy. It was lovely having you here, hope you enjoyed the concert! Have a great day and do come again.
Elsabe' A - Mei 2019
Algehele gradering
Friendly owners.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Hallo Elsabe,
Thank you for your positive review. It was a pleasure hosting you and we trust that we will see you back again soon!
Kind regards,
Chris and Ingrid Robbertze
Paul K - Aug 2019
Algehele gradering
Klein, maar skoon, egter baie padlawaai.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Paul. Ons waardeer dat jy die tyd geneem het om dit in te dien.
Ongelukkig het ons geen beheer oor die lawaai van die pad af nie. As ek reg onthou, was hulle besig om die pad te teer. Die algemene opinie is egter dat dit hier baie stil en rustig is ten spyte daarvan dat ons in die stad is.
'n Heerlike dag vir jou.
Groete,
Rest-a-While
Shane B - Nov 2018
Algehele gradering
Rest-a While was in alle opsigte goed en ons is baie gelukkig met ons verblyf en gasvryheid.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Vanessa vir jou pragtige resensie. Dit was lekker om julle hier te kon hê en ons sien daarna uit om julle weer te sien. Ons wens julle 'n geseënde Kersfees en voorspoedige 2019 toe.
Vriendelike groete,
Chris & Ingrid Robbertze
Rina S - Nov 2018
Algehele gradering
Baie lekker!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie, Rina. Ek is so bly julle het veral die beddens geniet want nie almal besef dat 'n ordentlike bed die basis is van 'n goeie nagrus nie. Dit was regtig aangenaam om julle hier te hê en ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom.
Ons wens julle 'n geseënde Kersfees en voorspoedige 2019 toe.
Vriendelike groete,
Chris and Ingrid Robbertze
Chris C - Nov 2018
Algehele gradering
Alles was puik.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie, Chris. Ons is bly julle kon hier by ons kom ontspan tydens 'n baie moeilike periode. Ons hoop dat volgende keer wanneer julle hierheen moet kom dit onder beter omstandighede sal wees.
Ons wens julle 'n geseënde Kersfees en voorspoed vor 2019 toe.
Vriendelike groete,
Chris and Ingrid Robbertze
Elize F - Nov 2018
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Elize. Die lapa en swembad is beslis 'n lekker ontspanningsarea en ek is bly julle het dit geniet. Kom gerus weer.
Ons wens julle 'n geseënde Kersfees en voorspoedige 2019 toe.
Vriendelike groete,
Chris and Ingrid Robbertze
Stefan V - Okt 2018
Algehele gradering
Gerieflike, huislike verblyf, sentraal geleë.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Stefan. Dit was lekker om jou hier te kon huisves en ons is bly dat jy dit geniet het. Kom gerus weer.
Vriendelike groete
Chris
Sanet M - Okt 2018
Algehele gradering
Gesellige saamwees in 'n huislike atmosfeer, lekker gekuier baie dankie.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie. Dit was aangenaam om julle almal hier te kon huisves en ons hoop ons sien julle weer volgende jaar!
Vriendelike groete
Chris
Catherine C - Sep 2018
Algehele gradering
Great value for money.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Goeie waarde vir geld.
Rest-a-While is toegerus met alles wat jy nodig het. Dit is skoon, ruim en goed geleë. Beslis groot waarde vir geld.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Thank you, Catherine, for your kind review. It was a pleasure hosting you and your family and we sure hope to see you here again.
Kind regards,
Chris & Ingrid
Esmond C - Sep 2018
Algehele gradering
Baie gerieflike en netjiese verblyf. Hulpvaardige en professionele bestuur.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie Esmond. Ons waardeer dit baie. Dit was aangenaam om jou hier te kon huisves. Kom gerus weer!
Vriendelike groete
Chris en Ingrid
Gerda V - Aug 2018
Algehele gradering
Kommerloos.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Gerda, vir jou resensie. Dit was lekker om julle weer hier te kon hê. Kom gerus weer en "Rest a While". Lekker dag vir julle. Vriendelike groete, Chris en Ingrid.
Cornelia H - Sep 2018
Algehele gradering
Wonderlike, vriendelike ervaring.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Cornelia. Dit was lekker om julle hier te kon huisves en dit was glad nie moeite om julle laat te ontvang nie. Ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom. Lekker dag. Vriendelike groete, Chris en Ingrid.
Philip V - Aug 2018
Algehele gradering
Dit was 'n wonderlike ervaring.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie. Ek is bly jy het die ontbyt geniet. Ons hoop ons sien julle sommer weer een van die dae.
Vriendelike groete, Chris en Ingrid.
Esmond C - Aug 2018
Algehele gradering
Baie gerieflike en netjiese verblyf. Hulpvaardige en professionele bestuur.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Dit was ons voorreg om jou te kon huisves. Sien jou weer een van die dae.
Karlien H - Mrt 2018
Algehele gradering
Beautiful room with everything you need!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Thank you so much for your kind review Karlien. We trust that everything went well and that you are well on the mend. We look forward to welcoming you here again some time, hopefully under better circumstances. Have a great day.
Hendrik P - Feb 2018
Algehele gradering
Wonderlik.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir julle resensie! Dit was lekker om julle hier te kon huisves.
Kom gerus weer.
Lourens L - Sep 2018
Algehele gradering
Baie spesiale plek, sal weer daar bly al moet ek `n entjie ry.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Dit was ons voorreg om julle familie te kon huisves met so 'n besondere geleentheid. Ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom.
Vriendelike groete
Chris
Zendi S - Aug 2018
Algehele gradering
Baie oulike kamers en geriewe!
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Hallo Zendi,
Baie dankie vir jou resensie. Ons waardeer die goeie opmerkings en is bewus van die parkeringsituasie. Ons probeer almal so goed moontlik akkommodeer met die parkering, maar partykeer werk dit nie heeltemal uit soos ons beplan het nie.
Lekker dag en kom gerus weer!
Charmaine B - Nov 2018
Algehele gradering
Rustig, skoon en netjies.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om vir ons 'n goeie resensie te gee. Dit was 'n plesier om julle hier te kon huisves en ons vertrou dat indien julle weer hierdie rigting kom, julle weer by ons sal kom oornag.
Ons wens julle 'n geseënde Kersfees en voorspoedige 2019 toe.
Vriendelike groete,
Chris and Ingrid Robbertze
Allison K - Nov 2018
Algehele gradering
Highly recommended.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Thank you for your lovely review, Allison. I am so glad we could offer you some peace and quietness after your hectic day. I suppose that's why we're called "Rest-a-While" ! I trust we will see you again when you come up this way.
We wish you a blessed Christmas and everything of the best for 2019.
Kind regards,
Chris and Ingrid Robbertze
Anel D - Feb 2018
Algehele gradering
Gemaklik en presies wat ek nodig gehad het.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou goeie resensie, ons waardeer die moeite wat jy daarmee gedoen het. Dit was goed om jou hier te kon hê en ek hoop dat jy weer hier 'n draai sal maak. Lekker dag.
Jorrie J - Sep 2018
Algehele gradering
Goedkoop en bevat die nodige.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, Stiaan. Ons hoop ons sien jou weer. Vriendelike groete, Chris en Ingrid.
Suzette E - Aug 2017
Algehele gradering
Rustige en veilige area.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie, waardeer dit. Dit was lekker om julle hier te kon huisves.
Piet M - Jun 2017
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie, dit was lekker om julle hier te kon huisves. Kom gerus weer.
Annalene G - Mei 2017
Algehele gradering
Dit was baie aangenaam.
Stefanie S - Apr 2017
Algehele gradering
Baie gerieflik.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Beste Stefaie,
Baie dankie vir die terugvoer, ons is bly jy het jou verblyf hier geniet. Kom gerus weer.
Vriendelike groete,
Chris en Ingrid Robbertze
Luan C - Okt 2017
Algehele gradering
Baie netjies, gerieflik en veilig.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie. Dit was lekker om julle hier by ons te kon hê, kom gerus weer, en vertel julle vriende!
Vriendelike groete
Chris en Ingrid Robbertze
Chris B - Aug 2017
Algehele gradering
Die verblyf is altyd van 'n goeie, betroubare gehalte.
Marizelle C - Jul 2017
Algehele gradering
Rustige, stil en veilige verblyf.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie Marizelle. Dit was lekker om julle by ons te kon huisves.
Lerina S - Aug 2017
Algehele gradering
Netjies en skoon. Die hek was effe van 'n frustrasie wat nie oop en toe gaan soos verwag nie.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie dat julle by Rest-a-While Gastehuis tuisgegaan het en vir jou positiewe resensie. Jammer oor die frustrasie met die hek. Ons kyk daarna.
Jeanette B - Nov 2016
Algehele gradering
Baie lekker.
Linda B - Nov 2016
Algehele gradering
Netjies en skoon.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie! Dit was goed om jou by ons te kon huisves, en ons vertrou dat jy wanneer nodig weer van ons dienste gebruik sal maak.
Vriendelike groete,
Chris & Ingrid Robbertze
Mariaan I - Apr 2016
Algehele gradering
Value for money.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoering. Ons is bly julle het julle verblyf by ons geniet en ons hoop julle sal weer hier aandoen wanneer julle Pretoria weer besoek.
Vriendelike groete
Chris & Ingrid Robbertze
Suzette V - Feb 2016
Algehele gradering
Baie netjies.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie. Ons hoop ons sien julle weer hier by ons. Lekker Valentynsnaweek vir julle.
Vriendelike groete
Chris en Ingrid Robbertze
Ansie C - Nov 2016
Algehele gradering
Netjies en skoon met vriendelike mense. Dankie.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie! Dit was aangenaam om julle by ons te kon huisves
Vriendelike groete
Chris en Ingrid Robbertze
Rest-a-While Gastehuis
Callie C - Nov 2016
Algehele gradering
Veilig an baie aangenaam.
Pedro R - Jul 2016
Algehele gradering
Baie lekker.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Ons hoop ons sien jou sommer gou weer.
Vriendelike groete,
Chris & Ingrid Robbertze
Fransi N - Mei 2016
Algehele gradering
Netjies en gemaklik.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie! Dit was lekker om julle hier by ons te hê.
Anonieme gas - Des 2016
Algehele gradering
Anonieme gas - Nov 2016
Algehele gradering
Danie B - Nov 2015
Algehele gradering
Baie gasvry en netjies skoon.
Rest-a-While Guest House se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer, ek hoop ons sien jou weer by Rest-a-While!
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buccaneer-straat 611, Elardus Park, Pretoria, 0181, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang