Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rest at Leisure

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eliesingel 135, Leisure Bay, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Rest at Leisure is 'n selfsorghuis wat in Leisure Bay aan die KwaZulu-Natalse Suidkus geleë is. Perfek vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n veilige en stil area, naby 'n verskeidenheid doendinge en geriewe. Dit is in 'n natuurbewaringsgebied geleë waar 'n verskeidenheid kleinwildspesies en voëls gesien kan word.

Neem asseblief kennis dat Rest at Leisure opsigter op die eiendom in die boonste eenheid woon. Slegs die onderste deel is te huur.

Dié vakansiehuis met slaapplek vir 6, grondvloer, bestaan uit 2 ruim slaapkamers en 1 badkamer asook 'n gastetoilet met 'n wasbak. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, 'n stapelbed en 'n driekwartbed. Elke kamer is ook toegerus met 'n plafonwaaier. Albei slaapkamers het skuifdeure wat na 'n braai-area lei.

Die ruim, volledig toegeruste kombuis is luuks met baie spasie. Dit het 2 yskaste, 'n 6-plaat gasstoof met oond en 'n mikrogolfoond. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die eetarea is oopplan en het 'n tafel met sitplek vir 6. Daar is 'n gemaklike sitarea met 'n TV wat DStv het. Dit lei na die onderdakbalkon met 'n tafel en stoele vir 6 mense.

Die eiendom is ten volle omhein en het elektriese heining reg rondom die huis en is verbind met reaksie sekuriteit. Gaste het toegang tot 'n swembad wat hulle op eie risiko kan geniet asook veilige parkeerplek vir tot 2 motors.

Daar is 2 braai-areas op die perseel; een in 'n boma-styl met 'n opelugbraai en sitarea terwyl die ander 'n onderdakbraai-area met 'n gedeeltelike see-uitsig is. Klein honde is welkom solank hulle vooraf bespreek is.

Rest at Leisure is 1,2 km se stap vanaf Peter Pan en Kidd's Beach, en net 'n kort entjie se ry vanaf 'n verskeidenheid doendinge en besienswaardighede soos winkelsentrums, gholfbane, die Wild Coast Casino en verskeie ander water- en landsportsoorte.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Monica Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Eliesingel 135, Leisure Bay, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Rest at Leisure het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eliesingel 135, Leisure Bay, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAed04334b54be727186cebcbbf1cadb9b0a9b62bb4545817d62c272b1386be244443a81295ca2f2488288f71a739a5f006e2a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6) 9 5 1 5 135 Elie Crescent Leisure Bay 4278 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -31.01691022587 30.236138526717

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang