Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Restio View 11

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Restio-straat 11, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Restio View 11 is 'n pragtige vakansievilla in die prentjiemooi kusdorp Gordonsbaai en dit is die ideale opsie vir 'n wegbreek by die see. Die villa spog met 'n swembad en 'n manjifieke uitsig oor Valsbaai.

Die dubbelverdiepingvilla bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Elkeen van dié slaapkamers se en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die ruim leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n formele sitarea met 'n kaggel en 'n uitsig. Op die boonste verdieping is daar 'n tweede sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea op die onderste verdieping lei na 'n groot buite-area met sitplek, 'n ingeboude braai, sonstoele en 'n swembad.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 689

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Restio-straat 11, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R5 650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Restio-straat 11, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA08cff5b4ed1663f69f02638bef3051353996600e338d6654d25a6eab8104f340ac158585ba067ff768f108a9a2a253cb6ddb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 650 per nag (plek vir 6) 11 Restio Street Gordons Bay 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.160591 18.878994

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang