Revive Guest House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Botterblomstraat 9, Darling, 7345, Wes-Kaap
- Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Revive Guest House bied gerieflike oornagverblyf in Darling en is 1,1 km vanaf die middedorp geleë.
Dié eiendom beskik oor 'n dubbelkamer met 'n patio en 'n selfsorg-eenheid.
Die dubbelkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamer het ook 'n satelliet-TV, ekstra komberse, 'n plafonwaaier, 'n haardroër en herlaaibare ligte. Dié kamer het 'n uitsig oor die patio en swembad.
Die Revive-selfsorgeenheid het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n kindermatras vir 1 kind. Die en suite-badkamer het 'n stort. Dié eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, 'n gasstoof en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid het sy eie braai-area en patio met 'n pragtige uitsig oor die tuin en swembad. Gaste kan ook volle toegang tot die kroegarea, swembad en jacuzzi/sauna-area geniet.
Ander geriewe in die kamer sluit 'n spieëltafel, 'n TV, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe in. Dié gastehuis beskik ook oor 'n seisoenale buiteswembad, gratis privaat parkeerplek, 'n kroeg en 'n gedeelde sitkamer. Vir volle ontspanning is daar 'n skoonheidsalon, 'n jacuzzi en 'n sauna op die perseel.
Die naaste lughawe is Kaapstad Internasionaal en die eiendom bied 'n betaalde lughawependeldiens. Besienswaardighede in die area sluit Evita se Peron, Darling Brouery, die Darling Toffees fabriek, Ormonde Privaat Wynkelder asook Tienie Versveld Reservaat vir blomliefhebbers in.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Andrie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 28
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Botterblomstraat 9, Darling, 7345, Wes-Kaap
- Gaste dink Revive Guest House het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Botterblomstraat 9, Darling, 7345, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang