Rhapsody 5
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malvaweg 117, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 800R2 520 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Rhapsody 5 is in Danabaai, Mosselbaai geleë en is 1 van 6 woonstelle teen die kus met asemrowende see-uitsigte. Gaste kan walvisse en dolfyne van die balkon af dophou, en hulle is ook sigbaar as jy op jou bed lê en selfs vanuit die stort! Gaste het toegang tot die strand via trappe net 'n entjie in die straat af.
Dié woonstel bied dubbelmotorhuis parkeerplek op straatvlak, 'n leefarea op die middelste verdieping en 3 slaapkamers op die onderste verdieping met slaapplek vir 6 gaste. Die 2 dubbelkamers het 2 nuwe ekstra lang koningingrootte-beddens en lei na 'n klein patio met direkte see-uitsigte. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en bied ook 'n see-uitsig. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-oopplanbadkamer met spa-bad en stort. Die tweede badkamer het 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër, en die leefarea het 'n TV (55") met DStv en 'n binnebraai. Skuifdeure lei na die balkon met 2 sonstoele, 'n tafel en stoele waar gaste ontbyt of skemerkelkies kan geniet, die vars seelug inasem en die lieflike uitsig bewonder. Daar is noodligte en 'n omsetter wat die WiFi en TV tydens beurtkrag ondersteun.
Danabaai het 'n gewilde strand met verskeie rotsvisvangplekke, so bring gerus jou visstok saam. Danabaai is ook gerieflik net 'n halfuur se ry van George Lughawe af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Spa-bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ursula Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Malvaweg 117, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Rhapsody 5 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Danabaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malvaweg 117, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang