Rhino Coast Guesthouse
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pelikaanstraat 13, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Rhino Coast Guesthouse is 'n lieflike gastehuis vir die oordeelkundige reisiger in St. Lucia, net 'n entjie van die middedorp af. Die gastehuis bied 'n ontspannende atmosfeer en is die ideale plek vanwaar gaste die prag en avontuur van St. Lucia kan verken.
Verblyf is beskikbaar in 4 ruim dubbelkamers en 2 gesinskamers wat elk geskik is vir 4 gaste. Elke kamer het lugversorging, 'n badkamer en 'n gasvryheidskinkbord. WiFi is beskikbaar.
Gaste kan ontbyt eet en koffie drink in die eetkamer wat na 'n swembad lei. Sit en kyk TV of ontspan met 'n glas wyn vanaf die eerlikheidskroeg.
Daar is muishonde in die tuin, apies kom loer in en daar is 'n verskeidenheid voëls in die bome. Seekoeie loop ook soms in die strate rond.
Die gastehuis bied parkeerplek vir bote, sleepwaens of ekstra voertuie, van die perseel af. Dit is teen 'n addisionele fooi en op versoek beskikbaar.
St. Lucia bied verskeie restaurante, kroeë en winkels.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Pelikaanstraat 13, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pelikaanstraat 13, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang