Rhino Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Balule Parsons Natuurreservaat 39, KT 155, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R3 500 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Rhino Cottage is in die Balule Parsons Natuurreservaat, 40 km noord van Hoedspruit, geleë. Die area is veral bekend vir staproetes, wildkyk en besienswaardighede wat Moholoholo Wildlife Rehabilitation Centre, Hoedspruit Endangered Species Centre en Jessica the Hippo insluit. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n paartjie.
Die knus kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is en 'n eiland met stoele het. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi word ook voorsien.
Buite is daar 'n toegeboude boma, braai-area en 'n privaat plonspoel.
Veilige parkeerplek word voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Balule Parsons Natuurreservaat 39, KT 155, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Balule Parsons Natuurreservaat 39, KT 155, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang