Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rhino Retreat

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malherbestraat 75, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R2 750 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Rhino Retreat is in Clarens, net 1 km vanaf die middedorp se talle winkels, restaurant, besienswaardighede en aktiwiteite geleë. Verblyf is beskikbaar in 'n selfsorghuis met slaapplek vir 8 gaste. Die huis het 2 slaapkamers op die grondverdieping en 'n sitarea op die onderste verdieping met 'n slaapbank vir 2.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word vir 8 gaste voorsien en ekstra komberse is beskikbaar. Elke kamer het 'n plafonwaaier, elektriese komberse, klein blaasverwarmers en lei na 'n stoep en die tuin. 'n Gastetoilet is op die eerste verdieping beskikbaar.

Die grondverdieping se sitarea is tussen die 2 slaapkamers en het 'n dubbelslaapbank, slaapbank met sitplek vir 2 en 'n kaggel. Daar is ook 'n elektriese waaier vir die warm somersdae. Die sitarea lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die lieflike tuin.

Die moderne kombuis op die eerste verdieping is met eetgerei, breekware, 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, 'n Nespresso-koffiemasjien, waterhouer en skottelgoedwasser toegerus.

Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, stoele, 'n kaggel en 'n TV met internet en toegang tot Netflix en YouTube. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na die eetarea met 'n etenstafel wat plek vir 10 gaste het. Daar is 'n elektriese waaier. Daar is 'n leeshoekie in die eetarea waar boeke, legkaarte en speletjies voorsien word.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n uitsig, braaigeriewe en 'n houttafel met sitplek vir 8. Gaste het veilige parkeerplek op die perseel en 'n motorafdak vir 2 voertuie. Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word. Die tuin het 'n vuurput, die erf is omhein en daar is 3 000 m² se spasie beskikbaar.

Die omsetter is beskikbaar tydens beurtkrag en dit bied elektrisiteit aan die watertenk en die geiser. Draagbare Magneto-ligte word voorsien vir lig tydens beurtkrag.

Die verblyf is slegs 950 m vanaf die middestad geleë, maar ook afgesonder genoeg om 'n rustige wegbreek aan gaste te bied. Gaste kan ontspan met 'n asemrowende uitsig op die Horebberg en die Maluti-berge in Lesotho.

Rhino Retreat laat geen studentegroepe of ram- en hennepartye toe nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Stort, Bad, Toilet

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Anelle V
5.0
Heerlike selfsorg/troeteldier-vriendelike verblyf met spasie vir die hele gesin. Eerste indrukke is blywend. Kan met 'n geruste hart aanbeveel as self...
Sien meer
Okt 2024
Karen S
Saam met vriende
5.0
Wonderlike, wonderlike huis en gasvrou. Ons het heerlik gebly, alles was net perfek. Bev is so behulpsaam, stuur elke liewe dingetjie deur per WP en e...
Sien meer
Sep 2024
Francois S
Saam met vriende
5.0
Uitstekend! Ons het regtig lekker geslaap. Hie, hie! Pragtige uitsig, baie goed ingerigte huis met die kuierarea en stoep. Kamers is lekker knus, goed...
Sien meer
Sep 2024
Liza B
Gesin met klein kinders
5.0
Overall our stay at Rhino Retreat was fantastic! We would highly recommend it! Our stay at Rhino Retreat was an absolutely wonderful e...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Chris W
Gesin met tieners
5.0
Flipping amazing. Flipping amazing at the Rhino Retreat.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Bev Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Malherbestraat 75, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Rhino Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 750
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 2 750
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malherbestraat 75, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf8c62876df2a37e76ec51709b05dd69a5dc932db05ebdbd68ac2ab3fe392065d734d65f6967f3a4f12f761cba417efa44f33?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 750 per nag (plek vir 8) 21 5 1 5 75 Malherbe Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.521322911134 28.418279525131

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang