Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ribbokkloof Holiday Farm

  • Kapasiteit: 80 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Uitkyk, R555, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Vanaf R200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ribbokkloof Holiday Farm is 'n unieke vakansieplaas in Mpumalanga wat 'n onvergeetlike vakansie-ondervinding bied. Die lodge het 'n asemrowende natuurlike ligging en is baie gerieflik geleë, net 2 ure se ry van Johannesburg en Pretoria af.

Ribbokkloof kombineer landelike bekoring en plattelandse gasvryheid met absolute gemak. Gaste kan gekies tussen, B&B-chalets, selfsorg-chalets of kampplekke. Al die chalets is privaat geleë in die kloof waar die gekabbel van die waterstroom en rotspoele jou sal help ontspan.

Let asb. daarop dat ons ’n Eko-lodge is, so daar is nie Eksom-krag nie. Alle toestelle in ons volledig toegeruste chalets word sonkrag, batterye of gas aangedryf. Daar is nie kragpunte in die chalets of op die kampeerterreine nie. Maak asb. seker dat jou skootrekenaar en selfoon gelaai is voor jou aankoms, of bring toestelle wat kan laai sonder Eskom-krag. Gaste kan ook hul selfone of skootrekenaars na die kantoor bring en ons sal dit laai sonder enige ekstra kostes.

Ribbokkloof vorm deel van 'n reeks Gelykwater Bonsmara-beesplase, so gaste word soggens begroet met die gebulk van koeie soos hulle aanstap om hul dors te les by die stroompie water tussen die chalets en die kalwers wat in hulle speelgroepies baljaar. Ribbokkloof het pragtige perde wat al ons besoekers sal fassineer.

Ribbokkloof se swembad is in die hartjie van die natuur geleë en kyk uit oor die heuwels en ongerepte natuurlike plantegroei. Daar is ook 'n grasdaklapa en piekniektafels vir gaste se gerief.

Ribbokkloof bied ook 'n unieke venue waar jy 'n plaastroue kan hou, genaamd The Sugar Bean @ Ribbookkloof. Hiér kan jy 'n egte, outydse plaastroue hou.

Dít is wat jy hier sal kry

Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Francois S
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Was baie lekker om daar te bly, so rustig, mooi en skoon.
Des 2024
Ella P
Saam met vriende
5.0
Ek het die vreugde en stilte geniet. Ek beveel gerus aan, dit is skoon, netjies en rustig. Huisies is mooi en skoon. Lekker staproetes, swembad, etc. ...
Sien meer
Okt 2024
Rochelle V
Saam met lewensmaat
5.0
N rustige ervaring van natuur, waar jy jouself weer kan vind. Ons het vreeslik lekker gekuier. Ons het die Saterdag deur gebring by die swembad, en la...
Sien meer
Mei 2024
Bettie P
Saam met vriende
5.0
Hemel op aarde. Dit was heerlik skoon en vars.
Apr 2024
Jaco B
Gesin met tieners
5.0
Dit is lekker en baie rustig. Ons het baie lekker gebly en sal enige tyd weer gaan.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Driekie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Plaas Uitkyk, R555, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Ribbokkloof Holiday Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 80 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Uitkyk, R555, Middelburg, 1050, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ce7dd9e93e1607f21484ca27a8995af4ca3db608a4f4bbdaf931e90d773c990926ea56288bb1facf5f913167fd9f4bb1e11?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R200 per nag, vir 2 mense 74 5 1 5 Farm Uitkyk R555 1050 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.587995398576 29.818774759769

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang