Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Richtersveld Experience Lodge

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 392, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Richtersveld Experience Lodge bied 'n ware Mediterreense atmosfeer. Die lodge is in die Weskusdorpie, Port Nolloth, in die hartjie van Namakwaland geleë. Dit is 'n stil dorp waar "going nowhere slowly" 'n daaglikse roetine is. Vir die jaarlikse blom-entoesiaste, is ons dorp ook die perfekte basis vanwaar jy jou roetes kan beplan en tussen reise na die Richtersveld kan ontspan.

Daar is iets vir almal by Richtersveld Experience Lodge. Ons bied 5 ruim volledig toegeruste selfsorg-eenhede binne 2 km vanaf die strand en sentrale besigheidsgebied. Ons bied ook sakpaspryse wat ideaal is vir 'n vinnige wegbreek.

Ons eenhede strek van 'n klein, oopplan-eenheid wat ten minste 2 enkelbeddens, 'n kombuis en badkamer bied, tot 'n ruim woonstel met 'n groot slaapkamer wat oor 'n dubbelbed beskik, 2 enkelbeddens in die sitkamer, 'n ruim, volledig toegeruste kombuis en 'n badkamer met 'n bad en stort. Alle eenhede het 'n waaier en 'n daaglikse skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar teen ekstra koste.

Port Nolloth Spar het alles wat 'n lui vakansieganger nodig mag kry, alles minder as 2 km van waar jy sal bly, terwyl ons plaaslike apteek 'n verskeidenheid geskenke en medisyne in voorraad het. Kom geniet een van die rustigste plekke op aarde, en maak jou volgende vakansie een om te onthou!

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 100 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
3.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Melissa B
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was fantasties. Ons het baie lekker gebly. Sal aanbeveel vir almal.
Jan 2025
Stefania M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasies lekker gerus en was veilig. Baie lekker gebly, sal graag weer gaan met die kinders. Weer daar gaan bly, dis rustig. Die eienaar was vriendel...
Sien meer
Jan 2025
Liria D
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly. Hulle was baie gasvry en behulpsaam om eetplekke en so meer aan te wys.
Aug 2024
Lucinda R
5.0
Die diens en akkommodasie by die Richtersveld Experience Lodge was uitsonderlik. Ons het by Richtersveld Experience Lodge gebly terwyl ons 'n begrafni...
Sien meer
Aug 2024
Brigitta J
4.2
Very friendly and accommodating hosts. Great value for money. It was a brief overnight stay on the way to Namibia. The hosts were very ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Boeta Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 100

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Hoofweg 392, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
  • Gaste dink Richtersveld Experience Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 392, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNjNTgzYzc4LWE2NzgtNGY0Zi05YTY3LTlhYmI0Y2NlMzRiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 100 5 1 5 392 Main Road Port Nolloth 8280 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.256834165868 16.876512765884

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789