Ridge Road Estate
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R711, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R3 600 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ridge Road Estate is in Clarens wat aan die voetheuwels van die Maluti- en Rooiberge skuil en bied selfsorgverblyf net langs die R711.
Verblyf word in The Country House met slaapplek vir 12 en die Windmill Cottage met slaapplek vir 6 gebied.
Die Country House strek oor 'n paar verdiepings en is 'n bekroonde plaashuis in 'n Franse styl wat oor 6 slaapkamers, 5 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea beskik. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed waarvan 4 op versoek in enkelbeddens omskep kan word. Vier slaapkamers het en suite-badkamers met storte of baddens en toilette, en die laaste 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort het.
Die Windmill Cottage het 'n Karoo-styl, is op 'n soliede rots gebou en beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamers het elk ’n koningingrootte-bed, asook en suite-badkamers met ’n bad of stort.
Elke eenheid het ’n kombuis wat met ’n stoof, yskas, mikrogolfoond en genoeg eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook ’n TV met sekere DStv-kanale in elke eenheid.
Gaste kan in die privaat swembaddens afkoel en die braaigeriewe gebruik. Troeteldiere is welkom teen ’n ekstra koste en indien daar vooraf reëlings getref is.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Max Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 61
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die R711, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Ridge Road Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 18 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R711, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang