Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riebeek Valley Hotel

  • Kapasiteit: 48 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dennehofstraat 4, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Riebeek Valley Hotel is 'n stylvolle, plattelandse toevlugsoord met panoramiese uitsigte oor die skilderagtige wingerde, olyfboorde en die Kasteelberge. Hier kan jy uitsien na ouwêreldse bekoring en 'n rustige atmosfeer gedurende jou verblyf.

Elke ruim, luukse kamer het moderne geriewe en 'n ouwêreldse atmosfeer wat enige oordeelkundige gas sal bekoor. Die rustige atmosfeer ver van die stad se geraas en die asemrowende uitsigte van die omliggende berge sal jou behoorlik laat ontspan.

Gaste kan 'n smullekker maaltyd in die tuin geniet terwyl hulle luister hoe die voëltjies tjirp en die water vloei. Vir diegene wat die knus atmosfeer van 'n kaggelvuur en 'n glas wyn uit die Robertsonvallei verkies, is die kroeg en restaurant absoluut perfek.

Die elegante Fountain-funksielokaal het neutrale dekor en kandelare en dit bied toegang tot die swembadterras wat uitkyk op die hotel se kenmerkende sierfonteine en die streek se wingerde. Dis ideaal vir produkbekendstellings, funksies, gala-etes en konferensies.

Riebeek Valley Hotel is die idealevenue vir jou droomtroue. Jy kan in die pragtige tuin of in die elegante Fountain-funksielokaal trou met plek vir tot 150 gaste. Dis die perfekte plek om jou spesiale dag onvergeetlik te maak.

Die hotel is net 50 minute buite Kaapstad en dis ideaal geleë naby talle bekroonde en historiese wynplase. Verder kan gaste ook uitsien na doendinge in die area soos wyn- en olyfproesessies, perdry, voetslaan, en voëlkyk.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 94 resensies

Baie goed

Netheid
3.7
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.2
Wat gaste dink
Sarisa S
Saam met vriende
5.0
Very enjoyable, stayed only one night for Solo Art. Early check-in, friendly hosts and staff, quirky interesting hotel, lovely breakfas...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Max S
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning! Vriendelike ontvangs, warm kamers in die middel van winter, skoon. Heerlike ontbyt met smaak aangebied. Gaan definitief weer daar aanklop.
Aug 2024
Christelle K
5.0
Baie gasvrye personeel. Heerlike ruim kamer en baie netjies.
Aug 2024
Raymond M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi tuin en kamers, en die diens was puik. Sal definitief aanbeveel, was 'n baie goeie ervaring met puik diens.
Aug 2023
Charles G
Saam met lewensmaat
4.8
Baie goed. Dit was regtig die moeite werd.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Naomi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 94

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Dennehofstraat 4, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riebeek Valley Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dennehofstraat 4, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYzZTM5NGE1LTVjZDEtNDhkNi1iNWU5LWY0ZTM4ZGJkY2U2OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 94 5 1 4 4 Dennehof Street Riebeek Wes 7306 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -33.349133493208 18.864069879055

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang