Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rietrylaagte Accommodation and 4x4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wendy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 102

Op LekkeSlaap 7 jaar

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 102 resensies vir Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5
Charlene M - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charlene M

Plaas vibes.

Netjiese, rustige plekkie. Net wat jy nodig het om te herlaai. Alles wat jy nodig het!

Hanlie V - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hanlie V

Verkwikkend.

Heerlik! Alles was skitter skoon en daar is baie aandag aan detail gegee.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie, Hanlie. Hoop julle kom kuier sommer gou weer. Groete, Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Melinda W - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melinda W

Perfekte wegbreek uit die stad.

Gesin van 4 het in Kolgans gebly vir 2 nagte. Heerlike plaas-atmosfeer met perfekte balans tussen gerief en ongereptheid. Huis was skoon, uiters netjies en baie gemaklik met bederfies soos elektriese komberse op al die beddens, lugversorging en WiFi. Beddegoed was heerlik sag en die huis het als wat mens nodig het. Die blomme-prag sommer net agter die huis is sprokies-mooi. Gasvrou is net 'n WhatsApp weg, reageer vinnig en baie gehulpsaam. Dankie, ons kom kuier graag weer.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Julle was wonderlike gaste. Hoop julle kom kuier weer. Vriendelike groete.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Tim C - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tim C

Heerlike plaas verblyf.

Baie gemaklike, skoon en ruim verblyf met 'n pragtige uitsig oor 'n deel van die plaas.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie dat julle weer kom kuier het. Hoop ons sien julle weer. Julle was wonderlike gaste. Groete Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Koos N - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Koos N

Goeie skoon en netjies bekosbare verblyf.

Ons was 'n gesin van 6 volwassenes. Ons was op 'n blomme kyk toer. Ons was aangenaam verras met die blomme wat reg rondom ons verblyf was. Alles was skoon en netjies, en gasvrou het uit hul pad gegaan om dinge so gemaklik moontlik te maak. Alles wat nodig is, is daar vir winter of somer kuier.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Julle was wonderlike gaste. Dankie vir die mooi foto's wat julle in die blomme geneem het op die plaas. Hoop julle kom kuier weer by ons. Groete, Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Thia W - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thia W

Perfekte halfpad stop oppad Kgalagadi toe. Sal dit weer gebruik.

Baie lekker gebly, alles was daar wat ons nodig gehad het.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie. Hoop julle loer weer in.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Alec H - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alec H

Too short.

Cool but very short. Great location.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hope you visit again. Kind regards.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Anja L - Mei 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anja L

Lekker plaaslewe!

Ons het vir die 2de keer hier gebly, en sal beslis weer as ons in die omgewing is. Ons voel so tuis, die kinders geniet die plaas, die huisie het als wat jy nodig het en is netjies en skoon. Die toevoeging van WiFi (sedert ons vorige besoek) is baie gerieflik, dankie daarvoor. Dankie dat ons 'n stukkie van die plaaslewe kon deel. Wens ons kon langer bly!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Anja. Baie dankie dat julle weer kom kuier het. Julle is wonderlike gaste. Baie dankie ook vir daai lekker bottel wyn wat julle vir my gegee het. Hoop julle kom kuier weer. Groete, Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Anelia D - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anelia D

Very lovely.

We had a lovely time - the addition of aircon was a wonderful surprise, particularly since it got very hot in the three days we were there. We could tell that much care and effort has gone into the cottage we stayed in. We were very comfortable and appreciated the hospitality!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Thank you for your beautiful review. We would love to welcome you back. Regards, Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Johan F - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan F

Netjies, skoon, veilig en ons is uiters vriendelik ontvang.

Seker ons gunsteling plekkie op ons Namakwa Blomme toer wat die view aanbetref.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie Johan. Kom kuier gerus weer. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Pieter K - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter K

Was baie lekker, goeie waarde vir geld!

Was baie lekker, goeie waarde vir geld.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Kom kuier gerus weer. Groete, Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Morne V - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Morne V

Absoluut fantasties.

Ons ry as 'n 4x4 groep vriende saam en soek afgeleë plekke op. Die verblyf is puik. Mense is vriendelik. 'n Besoek werd.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Ek sien uit na jul volgende kuier. Groete, Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Marius R - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius R

The cottage was perfect and had everything that one would need — even load shedding did not really bother us. Great value for money and the host is very kind and helpful.

We stayed here for 3 nights to explore the region of the West Coast and to view the Wold Spring Flowers. It was the perfect spot to get to the coat and into the Cederberg as well.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Thank you for the beautiful review, Marius. Hope to see you again. Kind regards. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Annemarie P - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annemarie P

Die huisvesting is van die beste en die plaas is oortrek met blomme, te pragtig.

Ons is vriendelik ontvang deur Wendy. Die huisie is baie goed ontwerp met alles wat ons nodig gehad het. Daar is heerlike skerp beligting wat vir my 'n groot prioriteit in 'n oorbly plek is. Alles was pragig skoon en smaakvol en baie kunstig ontwerp. Ons kon sien dat die huisie met liefde beplan en gebou is. Die pragtige muur in skakerings wat pas by die meubels is asemrowend mooi en moes ure se werk gewees het. Daar is 'n heerlike braaiplek wat uitstekend trek en groot genoeg is om sommer as 'n kaggel te dien in dien nodig, en alles in die huis. Ek gaan beslis volgende jaar weer en sal die huis beslis aanbeveel. Baie dankie, Wendy en span.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Annemarie.
Baie dankie vir jou baie mooi resensie. Dis so lekker as gaste positiewe terugvoer gee. Ons sien uit na jul volgende kuier.
Groete
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Ivan V - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ivan V

Fantastiese waarde en ligging.

Goed geleë en maklik toegangklik.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Ivan. Dankie dat julle weer by ons kom kuier het. Altyd lekker as gaste terugkom na ons. Ek hoop julle het mooi blomme gesien. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Arné S - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Arné S

Salig en rustig. Baie lekker gebly en blomme gaan kyk.

Voorstel: Gee dalk load shedding-area van ESP app sodat mens kan sien wanneer die krag af- en aangaan.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Arne. Ee is bly julle het lekker gebly. Ek gaan sommer die ESP area op my kwotasie sit. Baie dankie. Kom kuier gerus weer. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Annamarie J - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annamarie J

Volledig toegeruste praktiese, ruim verblyf.

Die huisie was silwerskoon en volledig toegerus. Ons gasvrou het ons baie vriendelik ontvang en ook sommer vertel waar ons op die plaas mooi blomme kon sien. Ons het heerlik gekuier op die stoep en ook voor die lieflike kaggel in die woonvertrek. Ons sou graag langer wou bly.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie vir die mooi resensie. Ek hoop om julle weer terug te verwelkom. Vriendelike groete Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Johan M - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan M

Rustig, skoon, alles wat mens nodig het, gasvryheid is uitstekend. Sal beslis weer van Rietrylaagte gebruik maak en sal almal aanbeveel om hulle te gebruik.

Uitstekende verblyf.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie Johan. Ons sien uit na julle volgende kuier.
Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Nicole C - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicole C

Baie lekker!

Ons het baie lekker gebly. Maklik ingeklok en alles wat ons nodig gehad het was beskikbaar. Lekker rond gery op die plaas en sommer net lekker rustig gebly! Sal vir seker weer gaan.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Nicole. Ons sien uit na jul volgende kuier. Maak gerus 'n draai by die kraal as julle weer kom. Daar is elke jaar 'n paar hanslammers wat melk gegee word asook 'n paar bokke. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Jeanica F - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeanica F

Rustige, kalm atmosfeer.

Die plek is goed ingerug met alles wat mens nodig het. Skoon en netjies met 'n lekker kagel en groot kombuis. Die natuurskoon en stilte is net wat ons nodig gehad het vir 'n wegbreek, ons sal beslis weer gaan.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie Jeanica. Ons sien uit na julle volgende kuier. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Lize-marié V - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lize-marié V

Fantasties.

Ons het ongelooflik lekker gebly. Die stilte en natuur was 'n lekker wegbreek van die stad se gejaag. Die gasvrou is vriendelik en ons tuis laat voel. Sal beslis weer gaan kuier.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Lize-marie, dit was lekker om jul hier te hê. Ons hoop julle kom kuier gou weer. Groete Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Jacobus K - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacobus K

Gemaklike, rustige verblyf.

Huisie was skoon netjies en goed toegerus. Die omgewing is baie mooi en die 4X4 roetes baie lekker met 'n goeie balans tussen woes en maklik.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Kobus. Dankie vir jou resensie. Ons sien uit na jul volgende kuier. Groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Jared S - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jared S

Lovely piece of heaven. Rustic farm style stay with quaint cottage.

Nice breakaway for small family.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Jared, baie dankie vir jou resensie. Ek hoop julle kom kuier weer binnekort. Groete. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Helena M - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helena M

Baie lekker gebly. Wendy is 'n top gasvrou.

Alles was perfek, dankie Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Helena, baie dankie. Waardeer jou mooi resensie. Hoop julle kuier weer by ons. Groete. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Elmari R - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elmari R

Ons het baie lekker gebly in die skoon huis. Dis jammer dat daar nie persoonlike kontak was nie. Ons wou graag meer inligting oor die boerdery hê.

Ons het net 1 nag oorgeslaap. Die verblyf het aan ons verwagtinge voldoen.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hi Elmarie. Hopelik is ek volgende keer nie uithuisig as julle weer kom kuier nie. Dankie dat julle lekker gekuier het. Hoop julle kom weer kuier. Vriendelike groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Capie J - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Capie J

Fantasmagories

Baie lekker rustig en naby die natuur.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Capie. Dankie vir julle kuier. Kom gerus weer. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Koos N - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Koos N

Uitstekende waarde vir geld, skoon en netjies.

Uitstekend vir oornag vir gesin van 4.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie vir jou resensie. Hoop julle kom kuier binnekort weer. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Mario F - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Mario F

Eerlike plaasverblyf.

Ons het twee aande by Rietrylaagte gebly en veldblomme gekyk in die omliggende omgewing. Pragtige veldblomme op die plaas langs paaie wat met bergfiets/stap verken kan word. Wendy het ons op hoogte gehou oor bye wat onverwags in ons beplande eenheid nes gemaak het en 'n ander eenheid beskikbaar gemaak. Bring gebottelde drinkwater saam. Die kinders het die werkende plaas met bedagsame plaaswerkers, bokke en skape baie geniet.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie Mario. Gelukkig het die bye in 'n kis ingetrek. Dankie dat julle verstaan het. Ek is bly die kinders het die plaas geniet. Kom kuier gerus weer. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Capie J - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Capie J

Ontspan en geniet.

Lekker rustige plaas lewe.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Ons sien uit na jul volgende kuier. Groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Morne P - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
2/5
Morne P

Teleurgesteld.

Die beskrywing noem duidelik dat die instansie "maklik bereikbaar is met 'n gewone sedan". Wel, my gewone sedan se onderstel het op plekke erg deurgeskuur, en ek het met my vertrek ongelukkig vasgeval. Dié beskrywing is dus glad nie akkuraat nie. Verder was die kommunikasie swak, en ook nie akkuraat nie. Die bevestigingsepos het duidelik gesê om na die hoofhuis te gaan. Daar aangekom was niemand te vinde nie, en na 'n hele ruk en 'n oproep of 2 het die gasvrou uiteindelik te voorskyn gekom, en my ingelig dat sy besig was om te slaap, en dat die eenheid oop was en ek soontoe moes gaan (nie soos die epos gesê het om direk na die hoofhuis te gaan nie).

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Morne.
Ongelukkig het ons donderweer reen gehad en wat dan gebeur is dat sand in die pad in spoel. Ongelukkig kon die pad nie betyds reggmaak word nie omdat die trekker wat die bande sleep op die onderste plaas is. Die pad is wel geskik vir sedan motors soos dit in die beskrywing is. Baie gaste wat by ons kuier ry sedan motors en dis die eerste dat enige gas daaroor kla. Die deurskuur deel verstaan ek glad nie. Ongelukkig vind ek jou resensie eensydig en onregverdig want ek het aan jou verduidelik dat ons nie tuis is nie maar dat my dogter wel by die hoofhuis is en jy net daarheen kan gaan as jy probleme ondervind. Ek het vir jou ons inlightingsbrief per e-pos gestuur waarop duidelik staan dat die eenheid oop sal wees met aankoms, wat ook so was.
Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Ankebe K - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ankebe K

Aangename en rustige ervaring.

Beslis die 5 km-afdraai van die N7 werd. Die eenheid is baie netjies, toegerus met alles wat 'n mens moontlik kan nodig kry. Rustige plaasatmosfeer met 'n ongelooflike uitsig oor die lande.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie Ankebe vir jou mooi resensie. Hoop om julle volgende keer te ontmoet. Vriendelike groete. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Gerard S - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerard S

Heerlike rustige omgewing.

Ligging en uitsig is pragtig. Dit was die 2de. keer dat ons hier oornag en net so die vorige keer, ons was nie teleurgestel met die huisie. Patrys is 'n baie mooi huisie!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie. Hoop ons sien julle sommer gou weer. Vriendelike groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Sharmolene D - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sharmolene D

Fantasties. Baie lekker gekuier. Die natuurskoon maak jou in 'n ontspanne bui.

Die plek is baie netjies en dit is goeie waarde vir geld. Dit is veilig en die bestuur baie gasvry, dankie.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie vir jou mooi resensie. Ons sien uit dat julle weer Kom kuier. Vriendelike groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Shaun V - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shaun V

Wonderlik, stil, mooi, rustig.

Patrys is so mooi, Jy het niks nodig nie, alles is daar vir jou. Die plekkie is perfek vir 'n mooi uitsig. Die eienaars was wonderlik en vriendelik. Ek sal dit voorstel as jy wil gaan rus.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Shaun. Baie dankie vir jou mooi resensie. Ons sien uit na julle volgende kuier.
Groete Wendy en Altus

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Ciska S - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ciska S

'n Snoesige blyplek vir blommekyk.

Ons het lekker gebly! Dit was so effe ongemaklik aangesien die datums deurmekaar was. Die huis is ingerig vir selfsorg. Ek wil voorstel dat die meubels net bietjie geskuif word om voorsiening te maak dat 4 gaste die tafel binne kan gebruik vir etes.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hi Ciskia. Jammer vir die fout. Bly julle het lekker gekuier. Sal aandag gee aan jou voorstel vir Kolgans. Kom kuier gerus weer. Vriendelike groete. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Mary-ann B - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mary-ann B

Asoluut fantasties.

Heerlike akkommodasie. Mooi natuurskoon en rustig.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Mary-ann Julle was wonderlike gaste. Kom kuier gerus weer. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Marietjie B - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marietjie B

Lekker verblyf op plaas in mooi omgewing.

Ons het in die Patrys-huisie gebly. Gerieflik en skoon. Groot binne-braai/kaggel. Groot stort met lekker warm water. Kombuis toegerus met alles wat mens nodig het. Wendy reageer dadelik as mens haar kontak. Pragtige piekniekplek by mooiste rotsformasies en ver uitsigte. Jou voertuig moet 'n hoë grondvryhoogte hê as jy wil rondry op die plaas. Ons Toyota RAV kon basies oral ry. Rietrylaagte Accommodation and 4x4 is sentraal geleë as jy bv. wil gaan blommekyk.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Marietjie. Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om julle hier te he. Hoop julle kom kuier weer binnekort.
Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Ivona G - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ivona G

Peaceful, beautiful view and friendly hosts.

This is the place to go to when you want to get away from a busy city life just to be in nature. Will definitely be going back.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Thanks Ivona. Hope to see you soon. Kind regards Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Tinus T - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tinus T

Ons het baie lekker gekuier en die omgewing geniet.

Sal enige tyd weer kom.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie Tinus. Ons sien uit na julle volgende kuier. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Yvette S - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yvette S

Mooi uitsig, met buite- en binnebraai. Ruim.

Ons het baie lekker gebly! Die uitsig en buitebraai-area is ongelooflik! Baie ruim area buite die huis vir kinders om te speel, parkeerplek, ens. En daar was lekker baie hout soos versoek.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Yvette. Baie dankie. Waardeer jou resensie. Hoop julle kom kuier gou weer. Groete Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Monika V - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Monika V

Ek sal weer teruggaan.

Ons was 2 susters wat net in die nag daar geslaap het (het 'n troue gehad naby Rietrylaagte). Ons was egter angsbevange, want daar was geen opvang vir bel, SMS, WhatsApp nie. Ons het wel die alarm paniekknoppie gehad. Ons het in Patrys gebly. Die huisie is pragtig versier binne en baie netjies en skoon, jou uitsig buite is asemrowend. Ons het besluit ons sal weer teruggaan, die keer met die res van die gesin, of saam met vriende. Die Trawal-omgewing is pragtig. Die grondpad is netjies en 'n gewone motor kan daar ry. Dankie Altus en Wendy dat julle so behulpsaam was.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Monika. Bly julle het lekker gekuier. 10 tree van die huis af, voor die ou stoor en dam, is selfoon opvangs. Ons is nou ook tans besig om internet in Patrys ook te installeer, so volgende keer sal jy Wi-Fi calling kan doen. Ons sien uit na julle volgende kuier.

Groete Wendy en Altus

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Riette V - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Riette V

Stylvol en netjies. Baie mooi plaashuisie.

Bevat nie net alles wat mens benodig nie, maar is ook mooi en stylvol opgemaak om mens spesiaal te laat voel, 'n stukkie luxury op die pad was 'n welkom verrassing.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Riette
Baie dankie vir jou resensie. Hoop julle kom kuier weer.
Groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Jeromy M - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jeromy M

Heerlik en ontspannend.

Het die rustigheid en stilheid van die omgewing geniet. Die aande was heerlik. Die gasvrou was baie hulpvaardig.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Jeromy
Dit was heerlik om julle hier te he.
Groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Susan V - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Susan V

Baie aangenaam, sal aanbeveel aan familie en vriende. Verblyf was netjies en toeganklik.

Ons het die vars lug en stilte baie geniet. Grondpad is bietjie sleg op plekke as jy met 'n gewone tweetrekvoertuig reis, maar as jy stadig ry is dit heel veilig. Ons het die mooi uitsig geniet, asook die kyk van voëls en saans die sterre. Daar was 'n probleem met ons yskas, maar Wendy het dit gou uitgesorteer en was baie gasvry en vriendelik.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Susan
Julle was ster gaste. Hoop julle kom gou weer kuier.
Groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Rosetta V - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Rosetta V

Relaxing.

Peace and quiet. Relaxing.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Thank you for staying with us. Kind regards. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Jeàn Y - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeàn Y

Skoon, netjies en rustig.

Patrys-eenheid was netjies en skoon. Dis het alles wat jy nodig het teen 'n bekostigbare prys. As jy wil ontsnap van die stad se gejaag, is dit net die regte plek. Vir die wat hou van stap en mooi rotsformasies, dan vertel die rotse teen die koppie oeroue stories.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie vir jou mooi resensie. Ek hoop julle kom kuier gou weer.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Gert V - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gert V

Ons het 'n heerlike aand daar deurgebring. Ek het veral die stilte geniet.

Die plek is netjies en gerieflik. Ek vind dit wel vreemd dat ons alles self moes opruim, en 'n fooi vir skoonmaak moes betaal. Daardie fooi kan eerder by die verblyf ingesluit word. Die gasvrou is baie vriendelik en dit was werklik lekker.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Gert, baie dankie vir jou resensie. Ek is bly julle het lekker gekuier.
Al wat ek vra is dat gaste die skottelgoed was en wegpak. Jul sal nie glo hoe die eenheid soms gelos word nie. Die res word deur my skoonmakers skoongemaak. Die kontant word gebruik vir diesel, lone en aankope van ekstras wat ek in die eenheid sit soos blitz, aansteker, 2 punt proppe, toiletsproei, daai sjokelade bederf op die bed en om nuwe glase te koop wat gereeld gebreek word. Ons pryse is regtig billik en ons steek maar min in die sak.
Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Gerda P - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerda P

Dit is waarde vir geld. Akkommodasie is baie gerieflik en bejaarde-vriendelik, my ma 88 en kon gemaklik rondbeweeg.

Ek wil net graag 'n voorstel maak dat die roeteaanduidings 'n bietjie beter aangedui word vanaf die N7. Geen melding word gemaak of jy op die regte pad is nie. Alles was verder uit die boonste rakke sal die plekkie weer besoek. Daar kan dalk ook net aangedui word waar mense blomme kan sien soos op die foto's wat verskaf word.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Ek is bly julle het lekker gekuier. Ek sal by my brief wat ek per e-pos stuur, aandui dat sodra jy afdraai van die teerpad jy net reguit aanry vir 5km. Hoop dit sal dan meer duidelik wees vir gaste.
Ek verduidelik gewoonlik waar die mooiste blomme op ons plaas is as gaste vra. Gewoonlik ry die meeste gaste uit na plaaslike dorpe vir blomme kyk omdat ons so sentraal geleë is.
Ons sien uit na julle volgende kuier.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Chris V - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris V

Skoon, netjies, rustigheid.

Baie mooi en netjiese verblyf, sal dit definitief kan aanbeveel.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie. Hoop julle kom kuier weer. Vriendelklike groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Anton U - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anton U

Gerieflik en netjies.

Gerieflike verblyf. Netjies en skoon.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie vir julle resensie. Hoop julle kom kuier weer. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Uys P - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Uys P

Heerlike plaasatmosfeer.

Wendy het ons vriendelik verwelkom en vertel waar ons moet loop en ry op die plaas om die pragtige blomme te bekyk. Wat ‘n fees! Die huisie was skoon, netjies en baie gerieflik. Dit was ysig koud, veral vir ons wat uit ‘n warm wêreld kom (Hoedspruit), so ons het vining ‘n heerlike kaggelvuur aan die gang gekry. Die stilte en mooi uitsig was ‘n genot. Ons hoop om Rietry weer te besoek iewers in die toekoms.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie vir jou pragtige terugvoering. Dit maak my hart warm as mense as mens sulke terugvoer kry na 'n baie besige seisoen. Ek hoop van harte dat ek jul weer eendag kan terug verwelkom in ons mooie blommeland.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Nina S - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nina S

Vrede en blomparadys.

Net sulke mooi blomme op die plaas gesien as in die Biedouwvallei. Heerlik gestap, fietsgery en rondgery op die uitgestrekte plaas.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Nina. Ek is baie bly julle het lekker gebly. Ek stem saam. Baie mense reis na ander dorpe vir blomme maar hier op die plaas is die mooiste blomme. Hoop julle kom kuier gou weer. Blommegroete. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Anja L - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anja L

Gerieflike en veilige verblyf.

Ons kan Rietrylaagte regtig aanbeveel. Ons het in Patrys gebly en dit is skoon, netjies en het alles wat jy benodig. Dit is veilig en die kinders kon vrylik rondstap. Ons was bevoorreg om welkome reën hier te beleef en die binnebraai het ons lekker warm gehou! Die eenheid is gemaklik en stylvol toegerus. Lieflike uitsig van die stoep. Werklik goed vir die siel.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Anja,
Baie dankie vir jou mooi resensie. Dit was heerlik om jul hier te he. Ek is so bly julle het die rustigheid van die plaas terdee geniet. Ek hoop julle kom kuier binnekort weer.
Vriendelike groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Theo V - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theo V

A little piece of heaven.

Though we only stayed overnight, we enjoyed the peace and quietness. It was everything and more we expected.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Glad you had a great time. Please visit us again soon.
Kind regards
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Martie G - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martie G

Pragtige omgewing, naby hoofpad.

Netjiese en skoon verblyf met als wat jy nodig het. Sal beslis weer wil kom maar langer wil kuier om die omgewing te kan geniet.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie Martie. Waardeer jul mooi resensie. Kom kuier asb weer.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Dries H - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dries H

Mooi plaas-omgewing.

Ontvangs was bietjie deurmekaar. Die wind is nogal aanhoudend, maar dis daardie wêreld se ding. Vind die afsonderlike skoonmaakfooi vreemd al was ons vooraf daarvan vertel. Kan bietjie vrygewig met hout ook wees, veral in die winter. Baie behulpsaam met advies oor besoeke.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie dat julle by ons gekuier het. Die skoonmaakfooi word ook aangedui op jul kwotasie . Ons gaste eenheid se pryse is baie laag en die skoonmaakfooi is daarom ekstra om die kostes te dek om ons skoonmakers te gaan haal in Klawer, weer weg te bring en hulle dubbele dagfooi te betaal as hulle op Saterdae en Sondae werk. Dit word ook gebruik vir aankoop van waspoeier, krag ens wat nogal 'n groot uitgawe is as mens elke dag die selfsorg eenheid moet skoonmaak. Ons huur ook houtmakers wat betaal moet word vir elke stukkie hout wat hul saag as ou bome wat doodgaan afgemaak word. Ons hout se pryse is egter baie billik teenoor dit wat mens by die winkel of vulstasies koop. Ons Namakwalanders is dankbaar vir die wind want dit is wat die blomsaaitjies versprei sodat daar volgende jaar weer volop blomme kan wees. Daar is ook baie dae wat die wind glad nie waai nie. Ek kan ongelukkig nie onthou van die ontvangs wat deurmekaar was nie, jammer daaroor. Ek hoop dat julle al die mooi plekke besoek het en dat julle weer sal terug keer.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Chrystal N - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chrystal N

Verfrissend.

Veilige en rustige plek. Sal enige een aanbeveel om daar te bly. Gaan beslis terug.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie vir jou mooi resensie. Ek sien uit na julle volgende kuier. Dankie dat jul Rietrylaagte gekies het.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Ria N - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ria N

Verblyf tydens blommekyk-besoek.

Netjiese en goed ingerigte verblyf, met 'n mooi uitsig. Net jammer dat ons gesukkel het om die gasvrou in die hande te kry toe 'n waterkrisis ontstaan het. Al die dokumentasie dui aan dat hulle nie op die plaas bly nie. Daar is nie selfoonsein nie, en nadat ons kilometers ver gery het om haar te bel, bly hulle toe maar sowat 30 m van ons verblyf af.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hi Ria. Baie dankie vir jou terugvoer. Die brief is intussen opdateer nadat ek besef het dat dit nog daar staan dat ek nie op die plaas bly nie. (jammer daaroor) Daar is egter wifi beskikbaar by die eenheid en julle kon daarop gekoppel het en my 'n whatsupp call gegee het soos julle gedoen het vanaf Truck Inn. Daar is ook 2.5km terug na die teerpad vanaf die eenheid sein. Jul het dalk net nie jul selfone dopgehou nie. Die waterpyp wat uitgetrek was, is steeds 'n raaisel maar darem dadelik reggemaak. Ek vertrou dat jul verblyf verder aangenaam was en dat julle weer sal kom kuier. Vriendelike groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Helen D - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Helen D

Thoroughly enjoyed our short stay, very welcoming host, everything supplied.

Loved the indoor fire, cosy and warm cottage, lovely being on a farm again. Wendy went out of her way to make sure all was in order. Thanks very much.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hope to see you again. Keep safe. y

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Petrus M - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Petrus M

Mooi ligging, maar kommunikasie kan verbeter.

Ons het baie lekker gebly, maar kommunikasie vanaf Rietrylaagte was nie baie doeltreffend nie. Die huis was byvoorbeld met aankoms gesluit. Andersins het ons baie lekker oornag.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Julle was dan self bewus daarvan dat die sleutel op die tafel gelê het, en dat die skoonmaker die knip van die dubbel deur per ongeluk afgedruk het toe sy die ruit skoongemaak het. Ek gaan steriliseer die huis nadat sy skoongemaak het en kyk dat alles in orde is. Ek sit die sleutel op die tafel neer en trek die deur toe. Dis hoe dit elke keer gedoen word. Julle was nie lank daar nie toe het ek kom groet waarna jul gese het die deur was gesluit en dat jul deur die venster geklim het om dit oop te maak. Ek het omverskoning gevra en jul het dit heelhartig afgemaak as niks en dat sulke dinge gebeur. Ons het wel ook kommunikeer per e-pos en daar staan alles duidelik op my brief. Maar ek is bly julle het lekker gekuier en ek hoop dat julle gou weer sal terug keer.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Gerard S - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Gerard S

Goed ingerigte akkommodasie met ’n pragtige uitsig oor die laagte en heuwels.

Alles in die kothuis was aanwesig om die verblyf lekker te maak. Die binnebraai het heerlik gewerk.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie vir jul resensie. Ons hoop jul kom kuier weer. Groete Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Edyss S - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Edyss S

Gemaklike verblyf, goed ingerig.

Ons het Rierylaagte as 'n basis gebruik om die Maskam omgewing to verken tydens die blomme tyd. Die hanslammers wat op die stoep kom kuier het het die kinders se dag gemaak! Die huisie het alles wat jy nodig om gemaklik te kuier.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Dankie vir jou mooi resensie. Hoop julle kom kuier weer. Soms is is hansies stout want hulle is tog so lief vir mense. Bly hulle het dit geniet.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Oswald R - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Oswald R

Aangenaam verras.

Ons het in die kothuis gebly in Aug 2020. Ons verwagtinge was oortref met die huisie. Dit was baie mooi binne, en baie gesellig. Daar is ook 'n asemrowende uitsig. En dis goed afgesonder.

Andre O - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre O

Rustig

Lekker rustig met mooi uitsig. Regte plek om af te skakel en te rus.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie Andre. Ek hoop julle kom kuier weer.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Alison S - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alison S

It was very peaceful and relaxing

I will definitely go there again with my family. It was good for the soul to be on the farm.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hi Alison. Glad you enjoyed it. Thank you for leaving the house so clean. Hope to see you soon. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Johan B - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan B

Netjiese, goedtoegeruste verblyf, pragtige natuurskoon, vars lug en plaas rustigheid - wat meer het 'n mens nodig.

Huisie is volledig toegerus en baie netjies. Vriendelike en gasvrye ontvangs. Pragtige natuurskoon en uitsig. Veilige omgewing en plaas rustigheid. Voorwaar 'n lafenis vir die siel!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Johan,
Ons sien uit na jul volgende kuier.
Groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Christine B - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christine B

Die mooiste omgewing, geen ander mense. Rus.

Heerlik gestap, voels gesien. Lekker om kombuistafel kaart gespeel. Op stoep gesit en oor landerye gestaar, genoeg hout om sommer net vuur te maaak.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hi Christine,
So lekker om te hoor as gaste lekker gekuier het. Kuier gerus weer by ons.
Groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Thys R - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thys R

Ek en my vrou het my ouers gevat om blomme te gaan kyk.

Rietrylaagte is uitstekende waarde vir geld. Ons gaan definitief weer daar oorbly.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hi Thys
Baie dankie vir jul kuier. Ons sien uit om jul weer te ontvang. Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Ivan V - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ivan V

Baie mooi en goed ingerig.

Vat net jou kos, klere en tandeborsel saam!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Ivan, ons hoop ons sien julle weer. Groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Charmillan M - Mrt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charmillan M

Peaceful.

Will definitely go there again. Just sort out the geyser, because we were struggling with it.

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Vreedsaam.

Sal beslis weer daar gaan bly. Sorteer net die geiser uit asb, ons het daarmee gesukkel.

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Thank you for your rating.
I do not know why you struggled with the geyser. I will let my husband take a look at it. Sometimes guests turn the knobs outside. We ask them not to do that because the geyser works at a certain water pressure level. But I will make sure it will be fixed.
We look forward to your next stay with us.
Kind regards,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Gideon B - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gideon B

Gasvry en kos vir jou siel.

Ons het Rietrylaagte as oorslaap gebruik vir ons blommekyknaweek, en het baie meer gekry as waarvoor ons gehoop het. Die plek het als wat jy nodig het, netjies en baie gerieflik. Ons was baie spyt ons het net een aand geboek en gaan definitief weer boek en dan ook langer. Dit is heerlik om met jou koffie en beskuit die oggende op die stoep te sit en na die rustige omgewing voor jou te kyk. Dankie, Wendy, dat julle dit met ons deel en vir julle gasvryheid.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Jakkie
Baie dankie. Julle is enige tyd welkom. Ons sien beslis uit na jul volgende langer kuier.
Vriendelike groete
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Ockie M - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ockie M

Great experience.

Great plek en akkommodasie.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Gas
Kom kuier gerus weer. Vriendelike groete. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Riaan L - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Riaan L

Baie rustige plekkie ver van die teerpad.

Die plekkie is weg van die teerpad wat dit baie stil maak, en as jy wil sterre sien is dit beslis die plek vir jou!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Kom kuier gerus weer. Groete, Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Josephine S - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Josephine S

Hemels

Dit het gevoel of ons is in 'n droom is, so mooi is die uitsig op die stoep. As jy gewonder het, die grondpad is geskik vir 'n normale voertuig. Moenie Google se directions volg nie anders eindig jy op die 4×4 roete. Perfekte wegbreekplek.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Josephine,

Ons is so bly jul het dit geniet. Hoop ons sien julle gou weer.

Groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Marinda K - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marinda K

Heerlike stapgeleenthede en pragtige stukke veld. Huisie is baie gerieflik met alles wat nodig is.

Ek is nie seker dat die 4x4-roete meer gebruik word nie, behalwe deur baie hardebaarde.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Bly julle het lekker gekuier. Die 4x4 word meestal gebruik deur 4x4 klubs soos SA Jeep klub, Vatikaki klub en 4x4 dae wat gereel word deur ons. As jy hier bly is jy welkom om gratis te ry sonder begeleiding en op eie risiko. Groete Wendy van Zyl

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Marietha S - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Marietha S

Uitstekende waarde vir geld.

Karaktervol, gesellig en gerieflik, alles wat jy nodig het, hulpvaardige gasvrou, warm bed. Kan dit aanbeveel.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Marietha,

So bly julle het hier oor gebly. Ons hoop ons sien julle sommer gou weer.

Vriendelike groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Niko S - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Niko S

Fantastiese wegkomkans vir die gesin.

Wat 'n fantastiese naweek. Asemrowende plek en naby aan Trawal/Klawer. Asemrowende sterre en rus. Stil, veilig en baie netjiese huis. Ek sal dit enige tyd aanbeveel.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Niko
Baie dankie. Dis vir ons altyd lekker as gaste hul tyd geniet op ons plaas. Dankie vir die mooi fotos wat jy geneem het. Ons sien uit daarna dat julle weer kom kuier.
Groete
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Elrieta P - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elrieta P

Dit is plaas, oop vlaktes om te verken, skoon lug en sterre!

As jy hou van rondstap, sommer net, gaan boek in by Patryshuis. As jy hou van veld en son, dan is jy by die regte plek. Dis die ideale plek vir my om weer grond te vat met die natuur.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Elrieta
Dit was heerlik om julle as gaste te hê. Ek hoop julle kuier sommer binnekort weer.
Groete
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Netta C - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Netta C

Onvergeetlik rustig, netjies.

Wat 'n pragtige plek. Skoon netjies en gerieflik. Als wat jy nodig het is beskikbaar. Gasvrou het ons verwelkom. Nuwe beddegoed, skoon badkamer en pragtig.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Netta,
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Julle was spog-gaste en ek sal julle enige tyd met ope arms ontvang.
Groete
Wendy en Altus

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Heldha F - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Heldha F

Dit was eenvoudig 'n belewenis.

Plek se ooptes was verskriklik kalmerend op jou gemoed. Stilte en wind se gesuis in bome was soos 'n lafenis vir my dorre siel wat net gewoond is aan die gejaagdheid van elke dag. Jy voel soos 'n nuwe mens wat weer die lewe vierkantig in die oë kan kyk.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Heldha,

Baie dankie. Ons is so bly julle het dit geniet en hoop om julle binnekort weer te sien.

Groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Frikkie S - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frikkie S

Baie netjies en rustig.

Wasgeriewe ontbreek as verblyf langer as 'n naweek is.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Frikkie.

Ons is bly jul het lekker gekuier. As gaste vra dan was ons hul wasgoed teen n fooi. Ek hoop julle kom kuier weer.

Vriendelike groete.
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Justus H - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Justus H

'n Juweel in die middel van nêrens.

As ek weer in daardie area is, bly ek net by 1 plek, Rietlaagte.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Justus. Ons sien uit na julle volgende kuier.
Vriendelike groete. Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Marien V - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Marien V

Lekker.

Dit was baie lekker en skoon.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Marien
Ons hoop julle kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Erica D - Aug 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Erica D

Kalm.

Rietrylaagte is een van daai bestemmings waarna jy wil gaan as jy weg van die alledaagse gebuzz van die wêreld wil wees en bietjie detox van tegnologie. Dis net 'n hele lang ent om in te ry na die plaas en dis goed as jy 'n voertuig het wat hoog is of betreklik goed sand en klip roetes kan aandurf. Die Landscape is absoluut beeldskoon! 'n fotograaf se droom. Die staproetes is asemrowend en die wilde diertjies bly maar 'n wow factor. Insekte is 'n ander storie, lol, dit is die bos - so neem maar insekweerder en sitroen kerse vir buite. Dis 'n perfekte bestemming vir die omgewing entoesias. Selfoonopvangs is letterlik nul by die huis en sal jy 'n paar km moet loop vir opvangs. Detox van tegnologie. Maak jou oproepe en status updates by die hek klaar en geniet die res van die kuier! Ek en my familie het dit vreeslik challenging gevind, maar tog baie geniet. Dankie Wendy (gasvrou) vir 'n baie welkome ontvangs, kommunikasie en snelle hulp as ons enigiets nodig gehad het.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Erica,
Ek is bly julle het dit geniet. Ek hoop julle kom kuier weer.

Groete
Wendy van Zyl

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Pieter V - Aug 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter V

Huisvesting was uitstekend. Uitsig vanaf stoep was baie goed. Baie rustige omgewing. Aanwysings was duidelik.

As jy na 'n plek soek waar jy net rustigheid kan ervaar, is dit die plek. Die akkommodasie met bybehore en slaapplek was vyfster gehalte. Gekombineer met die kalmte van die omgewing is dit 'n ideale plek om weer jou energie op te bou. Aanbevelings: Ek sou graag meer inligting oor die 4x4-roetes wou gesien het. Ons het gaan ry, maar nie geweet of ons oortree of nie.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Pieter

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is bly julle het dit geniet. Baie dankie vir die aanbeveling. Ek sal 'n kennisgewing rondom die 4x4 in die eenheid opsit. Ons hoop julle kom kuier gou weer.

Vriendelike groete
Wendy van Zyl

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Elaine V - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elaine V

Heerlik en rustig!

Pragtig en rustig. Stort wou glad nie saamwerk nie ─ óf vuurwarm óf yskoud.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Elaine.

Ons hoop julle kom kuier weer. Ongelukkig peuter gaste aan die gas eenheid agter die huis en veroorsaak dan dat dit gebeur. Ons probeer ons bes om dit reg te stel.
Groete Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Rone S - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rone S

Best farm house ever!

We were pleasantly surprised when we stepped into our accommodation at Rietrylaagte. Wow! Wow! Wow! Even though I saw the pics before we arrived, it could not prepare me for the absolute comfort and overwhelming beauty of this little farm house! Breathtaking! A piece of heaven in Klawer! Well worth the journey from Cape Town! We were quite adventurous, visited the amazing Nama Bike Club off the R363 for a touch of Mozambique in the middle of nowhere, also drove out to Strandfontein and had the best calamari at the Kommetjie Restaurant and a swim at the tidal pool there! Explored Klawer and all the small dorpies! Best part was coming home to a peaceful Rietrylaagte after all the exploring! It got a bit windy in the evenings, the indoor braai was perfect! The place has everything you could possibly need!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Thank you for your beautiful review. We hope you visit us again in the near future.
Kind regards,
Wendy and Altus.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Dalene V - Okt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dalene V

Heerlik rustig weg van die stad se gewoel.

Wendy is sekerlik die vriendelikste en aangenaamste gasvrou wat ek in jare ontmoet het. Patrys, die huis waarin ons 4 nagte geslaap het, is baie netjies en goed toegerus. Daar is vanaf tandestokkies tot insekdoder! Al wat mens moet saamneem is klere en kos. Ons het gedink ons sal die twee sakke hout wat te koop aangebied word opgebruik maar het beswaarlik een gebruik want dit is omtrent 'n hele boom wat in die sak was. Die binnebraai is wonderlik. Huis ruik nie eens na rook nadat jy gebraai het nie want daardie skoorsteen kan trek! Het dit geniet om op die stoep te sit en te kyk hoe hard daar op die plaas gewerk word. Die pragtig bewerkte lande is 'n fees vir die oog! Besef weereens boerdery is nie vir sussies nie! Gaan beslis weer daar my batterye daar herlaai. Voorspoed met jul Patrys en plaas.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Dalene,

Jy maak my hart warm, jul is sulke lieflike mense, ek sien uit na jul volgende kuier. Baie dankie vir jul wonderlike resensie.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Elrieta P - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elrieta P

Ontspan, verken, geniet!

Dankie, Wendy! Dit was so lekker om deur die week op 'n werkende plaas te kon ontspan. Om te sien hoe trekkers werk en lande bewerk word, het groot bygedra tot die ervaring vir my dogtertjies. Dit was ook lekker om hulle te los om te gaan verken op hul eie. Onthou om toe skoene in te pak! Die Patrys huisie is netjies, skoon en gerieflik! Die uitsig is pragtig! Dankie dat julle jul plaas deel, was so mooi met al die veld blommetjies.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Elrita.

Dit was vir my so oulik toe jul aangery kom met die oudste wat by die venster uithang. Haar gesiggie het gestraal. Ek kon sien hul was baie opgewonde om daar te wees. Ek is so bly julle het dit geniet. Dankie vir jou pragtige boodskap in ons boekie ook. Ons hoop om julle binnekort weer terug te verwelkom.

Groete
Wendy en Altus.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Elmarie H - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmarie H

Dit was ongelooflik lekker!

Ons het baie lekker gebly. Die huisie is baie gerieflik, het alles gebied wat ons nodig gehad het. Die rustigheid was ongelooflik lekker! Ons sal beslis weer gaan.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Elmarie
Baie dankie. Ons hoop julle kom kuier weer vir ons en ek hoop dat die weer volgende keer saamspeel sodat jul ons mooi blomme kan sien. Vriendelike groete, Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Karin M - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karin M

Moenie my op my baadjie takseer nie, ek gaan jou verras.

As jy aangery kom, dan wonder jy oor díe huisie in die middel van amper nêrens, maar wat 'n pragtige akkommodasie. Dit is al 'n paar jaar aan die gang, maar als lyk splinternuut en vars. Dit is op 'n werkende plaas, so daar is 'n moets-en-moenie-lysie wat als uiteensit. Definitief 'n aanwins vir die omgewing.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Karin,

Baie dankie vir jou resensie. Ons is so bly dat jul dit geniet het. Ons sien uit na jul volgende kuier.

Groete
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Karen T - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karen T

Wonderlik, rustig!

Wonderlike tyd gehad! Wendy het soveel moeite gedoen om ons te verwelkom. Pragtige blomme op die plaas gesien.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Karen,
Dit was heerlik om jul te kon ontmoet. Dankie vir die mooi boodskap wat jy in ons boekie gelos het. Sê ook vir jou dogtertjie dankie vir die pragtige tekening wat sy vir ons gemaak het. Dit pryk op ons huisie se yskas.
Vriendelike groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Janine S - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Janine S

'n Moet “hier bly” vir elke mens met plaas in sy hart.

Baie netjiese selfsorghuis. Wat 'n wonderlike wegbreeknaweek vir stadsjapies. Die huis is pragtig en baie netjies, die sjokolade was 'n groot bederf as jy instap in die kamer. Die uitsig vanaf die stoep is alles waaroor jy droom as jy in die stad bly. Ons het heerlik gebraai in die binnebraai (so bietjie gerook tot die vuur lekker vlam gevat het) en klets oor die dag se 4x4-pret, en die pragtige blomme. Daar is verskeie bordjies wat die 4x4-roete aandui. Ons het nie een oomblik onveilig gevoel nie. Hierdie stukkie paradys roep ons naam. Ons gaan beslis gou weer hier kom bly en sal dit beslis aanbeveel vir enige iemand wat weg wil kom van die hedendaagse tegnologie. Hier kom jy terug plaas toe. Lekker!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Janine,
Baie dankie vir jou mooi resensie. Baie dankie ook vir jou pragtige boodskap in ons boekie. Ons sien uit na jul volgende kuier.
Vriendelike groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Jaco S - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco S

Was baie lekker en mooi.

Baie mooi en rustig, baie dankie.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie Jaco. Kom kuier gerus weer.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Tienie D - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tienie D

Ek en my vrou en ons dogter, haar man en hulle twee kinders het op Rietrylaagte oornag op pad van Windhoek na George.

My dogter en haar gesin het nog 'n tweede dag oorgebly. Ons het die gul ontvangs, die netjiese akkommodasie en die stilte en ruimte terdeë geniet. 'n Heerlike oornag-akkommodasie teen 'n besonder billike prys, selfs vir twee mense is dit waarde vir geld.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Hallo Tienie,
Ons verwelkom jul graag weer enige tyd. Hoop ons is altyd julle keuse as jul weer reis.
Groete,
Wendy en Altus

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Verena M - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Verena M

Rus en vrede.

Wat 'n wonderlike plek! Pragtige uitsig en ons was bederf met die allermooiste reënboog die oggend van ons vertrek. Die eenheid het alles wat mens nodig het, sal beslis terugkom.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Verena,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons sien baie uit na jul volgende kuier.
Vriendelike groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Johan S - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan S

Baie rustig. Huis is baie mooi, skoon en netjies uitgerig.

Waarde vir geld. Huis is mooi versorgd en skoon. Rustige wegbreek van die gejaagde lewe. Sal lekker wees om 'n grasperk om die huis te hê.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Ek is bly julle het lekker gebly. Kom kuier gerus weer.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Luzanne C - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Luzanne C

Ons het heerlik gekuier.

Dit is 'n pragtige huisie in 'n baie mooi omgewing. Alles in die huisie is netjies, skoon en gerieflik. Dit is op 'n pragtige plaas geleë en dit sou baie lekker gewees het om meer inligting oor die plaas te hê, soos hoe groot die plaas is, waarmee geboer word ens. In die brosjure in die huis word ons versoek om nie om die huis te mors met stompies ens. so dit is redelik terleurstellend om te sien dat die plaas self oral bemors is met plastiek, stukkende pype, asbes en selfs leë gifhouers. Daar is pragtige plekke om heen te stap, so 'n besonderse plek vir die natuurliefhebber.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Luzanne,
Baie dankie vir jou resensie. Ons werk daaraan om die inligtingsboek op te gradeer en ons is besig om inligting te kry rondom die geskiedenis van die plaas. Ongelukkig is my skoonpa baas oor die plaas en ons sukkel om dinge te verander en werk hard daaraan om dit net so mooi skoon te kry soos ons huisie. Volgende keer as jul kom kuier sal jul die verandering sien.
Vriendelike groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Esmé T - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Esmé T

Ongelooflik!

Rustig, ongelooflik skoon en netjies. Sal dit graag weer wil besoek in die blomseisoen.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Esme,
Baie dankie. Julle was self spog gaste. Ons hoop om julle in die blommeseisoen te ontvang.

Vriendelike groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Elricka D - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
4/5
Elricka D

Fantastiese akkommodasie indien veiligheid verbeter word.

Pragtige, rustige plaasomgewing met mooi uitsig. 4x4-roetes nie duidelik op plaaspad aangedui nie, slegs satelietfoto's in huis beskikbaar. Daar was egter geen selfoon-opvangs nie, die skuifdeurraam sit los in die kosyn en geen veiligheidshekke of diefwering voor skuifdeur/vensters nie. Koue wintersaand se gebruik van kaggel/binne-braai is 'n frustrasie, want indien kombuisvenster en skuifdeur nie wyd oop nie, het die rook die hele huisie gevul. Daar was ook geen bottel met vars water soos aangedui op kommunikasie nie. Slegs brakwater in krane beskikbaar. Die eienaars bly blykbaar elders en kon nie maklik bereik word tydens verblyf nie (geen selfoon-opvangs by huisie). Indien veiligheid, kaggelprobleem en persoonlike kontak verbeter word, kan ons met vrymoedigheid hierdie verblyf aanbeveel.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Liewe Gas,
Baie dankie vir jul terugvoer, ek is baie jammer oor die onaangenaamhede wat julle ervaar het. Ons sal werk maak van alles wat jul genoem het.
Vriendelike groete,
Wendy

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Natasha D - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Natasha D

Asemrowend.

Dit is 'n baie mooi, skoon, netjiese, rustige plek! Ons het te baie geniet en sal enige tyd weer terug gaan en sal definitief vir al ons vriende en familie vertel van plek!

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Baie dankie Renier. Julle was wonderlike gaste en baie dankie dat jul die eenheid so pragtig skoon gelos het met jul vertrek. Ons waardeer dit opreg en ons sien uit na jul kuier vorentoe. Groete, Wendy.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Chrita V - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chrita V

Heerlik gebly ten spyte van 'n yskoue wind want ons het gekies om buite onder die sterre te braai.

Die huisie is baie netjies met alles wat jy nodig het. Die sjokoladetjies is 'n bederf. Ek het 'n "koffie plunger" gemis. My opinie is dat indien mens die huisie skoon los soos jy dit gekry het, dit nie billik is om R150 skoonmaakfooi te betaal indien jy net een nag oorbly nie.

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 se terugvoer

Goeiedag Chrita.

Baie dankie vir jou resensie. Ek sal 'n koffie plunger in die eenheid sit noudat ek sien dat daar 'n behoefte daarvoor is. Ek hoop dat julle weer by ons sal kuier. Die rede vir die skoonmaakfooi is nie vir die skoonmaak van die eenheid nie, maar oor die beddegoed wat dan elke oggend vervang moet word. As ons dus 4-6 nagte aanmekaar besprekings kry vir slegs 1 nag raak dit duur. Ons gebruik die skoonmaakfooi dus vir waspoeier, water, krag en die vervang van beddegoed wat na 'n tyd uitgewas lyk. Ons wil graag vir elke gas wat by ons kuier net die beste gee.

Vriendelike Groete.
Wendy van Zyl

Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietrylaagte Plaas, Trawal, 8147, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA913cf112fc36efcf7444e5311ce1469b930abd9e861fe8c71f0d4b9fcc260839cd0eae2092c772a63b55bbe5fa4d91b498ae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 102 5 1 5 Rietrylaagte Farm Trawal 8147 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.866697051212 18.558311462402

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang