Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rietvley Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietvley-plaas, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Rietvley Cottage is in die Koue Bokkeveld naby Op-Die-Berg geleë en bied plaasverblyf. Dis ideaal vir 'n paartjie of gesin wat op soek is na 'n wegbreek in dié vreedsame omgewing. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Dié kothuis beskik oor 1 kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n solder met 2 enkelbeddens. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Die kothuis het ondervloerse verhitting en 'n steenkoolstoof. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, stoof, mikrogolfoond en 'n Nespresso-koffiemasjien in die kombuis.

In die somer kan gaste heerlik langs die swembad met sy braai-area ontspan of op die skaduwee-stoep sit. 'n Kuiertjie op dié werkende plaas in die Koue Bokkeveld sal gaste bederf met asemrowende uitsigte, groot oop spasies, asook maklike toegang tot die rotstekeninge en -formasies.

Dis naby genoeg aan Kaapstad vir 'n lekker naweekwegbreek en in die winter kan jy selfs 'n sneeuman hier bou.

Daar is ook baie voetslaan- en bergfietsry-roetes. Kom ervaar die Karoo se rus en vrede onder 'n pragtige sterrehemel.

Die perseel kan op die oomblik net met 'n hoë grondvryhoogte voertuie bereik word, as gevolg van die hoë watervlakke in die plaaspad.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Lourens P
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige moderne cottage te midde van 'n rustige plaasomgewing. Ons het heerlik gebly, alles is uiters netjies met moderne geriewe. Die dekor is pragt...
Sien meer
Aug 2024
Annamarie J
5.0
Onvergeetlike kuier in die Koue Bokkeveld. Die verblyf was heerlik ruim en luuks. Die omgewing is asemrowend mooi. Ons het ons verblyf terdeë geniet.
Apr 2024
Robert F
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige Huisie in 'n pragtige omgewing. Die huis is toegerus met alles wat jy nodig het en kyk uit op 'n pragtige omgewing. 'n Lekker stofie om die k...
Sien meer
Jun 2023
Chrisna Smit S
Saam met lewensmaat
5.0
Kan nie wag vir volgende kuier by Rietvley Cottage nie! Die cottage is pragtig binne, smaakvol, volledig toegerus en skoon. Die "ver" kyk vanaf die he...
Sien meer
Apr 2023
Tronel R
Saam met lewensmaat
5.0
Absolute rustigheid en vrede. Die omgewing is ongelooflik mooi. Ek het nog nooit so baie foto's van rotse geneem nie. Ons sal vir seker weer kom kuier...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ylode Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Rietvley-plaas, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rietvley Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sederberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietvley-plaas, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA78544ce8d37749263e2ef36fa7a8f5cceb899deb72bc88072327c5fc580fa6d763476892954149cd9b4d32082184a0ab3c41?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 4 mense 34 5 1 5 Rietvley Farm Koue Bokkeveld 6836 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.864961 19.502394

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang