Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Rinkink Beach House

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Sands Pad, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 3)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Rinkink Strandhuis is langs Wildernis se bekende uitgestrekte strande geleë. Dit is op die Tuinroete en word omring deur berge, mere en 'n Nasionale Park met talle pragtige staproetes en buitemuurse aktiwiteite. Dis in 'n veilige omgewing wat binne loopafstand is van sowat 15 restaurante en is die ideale wegbreekplek vir natuurliefhebbers, families asook wittebroodpaartjies. Dis naby George se lughawe, Oudtshoorn, Mosselbaai, Knysna, Plettenbergbaai en die Tsitsikamma Natuurreservaat.

Hier is 2 ruim selfsorg-eenhede op die eerste verdieping met balkonne wat oor die oseaan uitkyk. Die strand is slegs 'n paar meter weg. Daar is groot en suite-slaapkamers met koninggrootte-beddens of 2 enkelbeddens en 'n dubbelslaapbank in 'n aparte kamer. Kombuisie, moderne storte, haardroërs, japonne, strandsambrele en -handdoeke, DStv, braaigeriewe, koffie- en teemaakgeriewe is van die geriewe op die perseel. Daar is ook 'n privaat ingang. Die gashere, Danie en Maryna, sal jou bystaan in verband met reis en gholf.

Wildernis bied geleenthede vir voëlkyk, walviskyk, buitemuurse aktiwiteite geniet, kanovaart, abseil, brugrekspronge, skermsweef of vlugte met 'n mikrovliegtuig oor die asemrowende kuslyn. Branderplankry, kajak en vlieërbranderry is ook gewild in Wildernis se branders. Verder kan jy bergfietsry, perdry, visvang of voetslaan op een van die pragtige roetes op die Tuinroete.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Willie P
Saam met lewensmaat
5.0
Beste vakansie plek ooit. Baie lekker gebly. Lincy is net die beste, altyd behulpsaam en vriendelik.
Feb 2025
Sanet S
5.0
Baie oulike plek. Baie netjies en skoon. Heerlik geslaap. Alles gehad wat nodig was. Baie dankie.
Jan 2025
Karen M
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gebly, gerieflik en baie mooi. Ons het heerlik gebly. Baie naby die see en restaurante. Alles wat ons nodig gehad het. Vriendelike ontvangs.
Des 2024
Marinda B
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely clean and neat place. Quality bedding. Spotlessly clean. Nice smell when you enter. Close to the beach. Love this place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Gerhard V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Heerlike skoon en netjiese verblyf. Sal definitief weer kom.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Marlene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 34 Sands Pad, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rinkink Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Sands Pad, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf5c355a6abd23eb1a25316cf065ae2f91f33a14a0b25ab99e00f817cdabc2de7688a661a85ef7ddf3262a2b9f05f1ffb8a5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 3) 74 5 1 5 34 Sands Road Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -33.995140845923 22.569978833199

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456