Rio Self Catering Apartment
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piesangvalleiweg 1, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Rio Self Catering Apartment is 'n ruim woonstel in 'n veilige kompleks wat aan die boonste punt van Piesangvalleiweg in Plettenbergbaai geleë is. Dit spog met pragtige uitsigte oor die see en vallei.
Die dubbelverdiepinghuis is geskik vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het sy eie balkon, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.
Die ruim leefarea het 'n kombuis wat volledig emt 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek waarom gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met die volledige DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Verder het die eenheid 'n toegeboude stoep met stapeldeure, buitebraaigeriewe en 'n Weber-braai. Die kompleks het 'n lieflike uitkykpunt, 'n tennisbaan, 2 swembaddens, speletjieskamer en 'n putt putt-baan. Die kompleks is ongeveer 2 km vanaf die middedorp wat verskeie winkels en restaurante bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Piesangvalleiweg 1, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piesangvalleiweg 1, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang