Ripple Hill Hotel
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
John Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 89
Op LekkeSlaap 14 jaar
Opsomming van Resensie
Cathy M - Jul 2024
Algehele gradering
A great place to rest after a long day driving.
Riana S - Nov 2023
Algehele gradering
Wonderlik!
Andries V - Okt 2023
Algehele gradering
Baie lekker gekuier en geëet by die restaurant. Kan beslis aanbeveel.
Lindsey P - Aug 2024
Algehele gradering
Adventurous.
Kate H - Feb 2024
Algehele gradering
Old school hotel.
Susan H - Okt 2023
Algehele gradering
Baie netjies, heerlike kos.
Riana S - Okt 2023
Algehele gradering
Amazing.
Johan M - Sep 2023
Algehele gradering
Goed ingerig. Baie lekker kos en lekker oornag plek na 'n toer deur die natuurreservaat.
Lees meerHeleen B - Mrt 2023
Algehele gradering
Baie lekker gebly.
Danie S - Jan 2023
Algehele gradering
Lekker gebly, veral met stil lugversorger in kamer.
Jared M - Okt 2023
Algehele gradering
Alles was hoe ons dit wou hê vir 'n oornag. Netjies en skoon, wat belangrik is.
Carine D - Jul 2023
Algehele gradering
Ons het slegs aangetrek vir 'n troue in die omgewing en geslaap. Vroeg vertrek die volgende dag.
Ken L - Des 2023
Algehele gradering
We had a great time and saw a wonderful part of our country. Fu.
Anonieme gas - Apr 2023
Algehele gradering
Flippie F - Sep 2022
Algehele gradering
Baie lekker en rustige atmosfeer, skoon en netjies. 'n Baie lekker alles-in-een-bestemming, sal Ripple Hill Hotel beslis aanbeveel!
Pieter B - Jul 2022
Algehele gradering
Behulpsaam en rustig.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi Pieter
Ons is so bly om die fantastiese resensie te lees.
Baie, baie dankie.
Ons hoop ons sien julle gou weer.
Groete van die RHH.
Greer V - Apr 2022
Algehele gradering
Pragtige ou houtvloere.
Tabu V - Apr 2022
Algehele gradering
Baie lekker plek.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Ons is so bly julle het jou aand by ons geniet.
Baie dankie en hooplik sien ons julle gou weer.
Johann M - Aug 2022
Algehele gradering
Oorslaap na 'n rit deur die Baviaanskloof.
Adre O - Des 2022
Algehele gradering
Puik.
Lizelle C - Des 2022
Algehele gradering
Vriendelike diens en heerlike kos.
Sanet S - Okt 2021
Algehele gradering
Uitstekend!
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi Sanet, ons is so bly jy het jou tydjie by ons geniet! Baie dankie!
Lea V - Aug 2021
Algehele gradering
Outydse sjarme met moderne slaapkamer.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi Lea. Ons is so bly dat julle jou tyd by ons so geniet het! Baie dankie!
Linda M - Mei 2021
Algehele gradering
Quaint boutique hotel with friendly and helpful staff.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi there, Colin. Thank you for your fab review. We appreciate such positive feedback!
Tjaart V - Okt 2021
Algehele gradering
Uitstekende oornagfasiliteit met die bedoeling om die Baviaanskloof aan te pak.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Tjaart, baie dankie en kom gou weer asseblief!
Roger R - Apr 2021
Algehele gradering
Very pleasant.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi Roger, we love our gardens just as much. Thanks for reviewing us. Greetings from Patensie.
Dirk V - Aug 2021
Algehele gradering
Jaarlikse familietoer.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi Dirk, ons sien uit daarna! Kom gou terug vir nog 'n kuier. Dankie baie!
Hennie V - Des 2021
Algehele gradering
Skoon en netjies.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi Hennie,
Baie bly jy het ons kossies geniet!
RHH Groete!
Wynand D - Des 2021
Algehele gradering
Hou van restourasie en lekker geëet.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dag Wynand en dankie vir die boodskap.
Jong. Patensie is so veilig as kan kom. Touch Wood!
Het jy hierdie keer voor die hotel parkeer in die Hoofstraat? Want ons het steeds die privaat parkering agter die hotel , waar daar tot op hede nog nie probleme met sekuriteit was nie. Van 'n hek weet ek nie. Ons is al 12 jaar hier, en in daardie tyd was hier nog nooit 'n hek agter die hotel nie.
Dankie vir die kuier, ons waardeer!
Heila V - Okt 2020
Algehele gradering
Sien sterre
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Baie dankie. Ons is so bly om die "review" te lees.
Ilse V - Okt 2020
Algehele gradering
Baie aangenaam,
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Ons is so bly julle het jou kuieretjie saam ons geniet! Kom gou weer!
Jaques D - Des 2020
Algehele gradering
Baie lekker.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Asb kom gou weer! Bly jy het die kos geniet!
Shana B - Jan 2020
Algehele gradering
The stay was comfortable.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Die verblyf was gerieflik.
Ek't glad nie na die ligging van die plek gekyk nie. Dit was te ver van die see af. Dit moet as 'n oasis in 'n klein dorpie verkoop word.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Charmaine C - Jan 2019
Algehele gradering
Stylvol en smaaklik.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie Charmaine. Ek wens al ons gaste het sulke goeie smaak soos julle gehad.
Vriendelike groete van ons.
Giellie U - Okt 2019
Algehele gradering
Lekker gemaklike verblyf, met goeie, vriendelike diens.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie Giellie!
Kom gou weer, asseblief!
Liezel B - Sep 2019
Algehele gradering
Rustig en ontspannend.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi Liezel
So bly om te hoor dat jy van ons plekkie hou. Baie, baie dankie en kom gou weer vir 'n kuier.
Prieur V - Jan 2019
Algehele gradering
Vriendelike mooi hotel.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie vir die kommentaar, Prieur. Dit word waardeer.
Groete.
Braham C - Aug 2019
Algehele gradering
Wonderlike plek om te bly.
Lees meerRipple Hill Hotel se terugvoer
We aim to please. En ons word nooit moeg daarvan om te hoor as daar aan gaste se verwagtinge voldoen word nie .
Baie dankie vir die komplimente, ons waardeer dit.
Ripple groete
Erna M - Jun 2019
Algehele gradering
Clean and comfortable, beautiful old building.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Thank you for your comments, Erna!
Ben D - Okt 2019
Algehele gradering
Verrassend goed.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Hi Ben
Baie dankie. Hoop ons sien julle weer. Ripple Hill Hotel.
Mark C - Jun 2019
Algehele gradering
Comfortable, clean accommodation.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Gerieflike, skoon akkommodasie.
Die bestuurder het goed na ons omgesien en wat ons gehelp het wanneer dit nodig was. Die kamer was gemaklik en warm. WiFi het goed gewerk. Kos was gemiddeld, maar ontbyt was onder verwagtinge. Eet eerder ontbyt by Tolbos of Padlangs. Alhoewel, na alles oorweeg is, is hierdie goeie waarde vir geld.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Thank you for your comments, Mark. Much appreciated.
Sorry about your disappointing brekkie, we do offer 3 very basic breakfast options to our in house guests, and do recommend having breakfast at one of the speciality breakfast spots in town if you are big on breakfast. That is why our breakfast is optional, and not included in our accommodation rates.
That said, we charge a flat rate of R50 for breakfast (which includes coffee or tea or juice) and if you deduct the price of a filter coffee from R50, your breakfast cost you 30 odd Rand. If you ordered your basic bacon and eggs, you would get something similar to the Wimpy's streaky bacon special.
I am glad that you found the accommodation, wi-fi and service to your liking. Thank you for visiting the Ripple!
Kindest
Jan V - Jun 2019
Algehele gradering
Goeie waarde vir geld.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Jan, dis is altyd goed om te hoor dat ons op pad is in die regte rigting. Dankie vir die bevestiging.
Jacques A - Des 2018
Algehele gradering
Ongelooflik.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie Jacques. Ons is so bly dat jul die tydjie hier geniet het.
Ripple groete.
Christo W - Des 2018
Algehele gradering
Netjies.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Ek stem saam. Dankie vir jou kommentaar, Christo.
Ripple Hill Hotel, Patensie.
Ane P - Des 2018
Algehele gradering
Baie oulik!
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Baie dankie vir jou kommentaar, Ané, en die 5 sterre. Dis altyd goed om te hoor. Groete
Tanya B - Jul 2018
Algehele gradering
Rustige atmosfeer met mooi interior.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Ag, dis so goed om dit te hoor. Baie dankie vir u moeite en tyd om u ervaring te dee, dit word waardeer.
Ripple-groete
Jasper D - Mei 2018
Algehele gradering
Fantasies. Geen klagtes.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Sjoe, geen klagtes en slegs lof. Dis nou vir jou 'n ding. Baie dankie, Jasper. Dis wonderlik om te hoor dat jul Ripple Hill ervaring, in geheel fantasties was.
Ons waardeer jul 5-stêr toekenning.
Groetnis vanuit Patensie.
Nols O - Mrt 2018
Algehele gradering
Home away from home.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer, Nols.
Ons is bly dat jul alles voortreflik gevind het.
Albert M - Feb 2018
Algehele gradering
Absolutely wonderful.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Thanks to you, for the first class review, Albert. It is much appreciated.
If you are happy, we are happy.
Kindest regards,
Ripple Hill Hotel, Patensie.
Egbert D - Jan 2018
Algehele gradering
Wat 'n ongelooflike en onverwagte juweel. Kwalifiseer maklik vir een van die top dorpshotelle in die land! Uitstekende etes daarby!
Lees meerRipple Hill Hotel se terugvoer
Geagte Egbert D,
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer.
Ons waardeer u moeite en tyd met die terugvoer. Dis meestal maar 'n ondankbare werk, maar onverwagse positiewe kommentaar soos hierdie, maak alles die moeite werd.
Ripple-groete
Liezel B - Des 2018
Algehele gradering
Gerieflik en skoon.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie Liezel vir jou tyd en moeites om alles neer te pen. Ons is vrek bly dat jul alles so gemaklik en goed gevind het. Ons hoop jul gooi eendag weer 'n draai. Groete, N'Ré
Elmo V - Jun 2018
Algehele gradering
Sal dit aanbeveel.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Baie dankie vir jou komplimente, Elmo.
Ons waardeer dit.
Priscilla P - Mei 2018
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Baie dankie vir die goeie 4-ster resensie, Priscilla. Ons neem kennis van u kommentaar, en waardeer dit.
Ripple Hill-groete
Janette S - Aug 2017
Algehele gradering
Ons sal hulle beslis weer besoek.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dis net 'n plesier, baie dankie, en ons hoop om u weer hier te ontvang.
Groete vanuit Patensie
Leandra M - Jul 2017
Algehele gradering
Verblyf en gasvryheid was van goeie gehalte. Was aangename verblyf.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Baie dankie, Leandra. Dis goed om te hoor.
Ripple Groete
Pieter V - Mei 2017
Algehele gradering
Ek was baie verras vir wat ons gekry het vir die prys.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dis net 'n plesier, Pieter. Baie dankie vir die positiewe terugvoer, dit word waardeer.
Ripple groete
Frans B - Apr 2017
Algehele gradering
Rustig en veilig.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie Frans, ons sien daarna uit om jul weer by Ripple Hill te ontvang!
Liezel B - Des 2017
Algehele gradering
Baie rustig en vreedsaam.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Goed om te hoor, baie dankie. Hoop om u weer hier te ontvang.
Groete,
Ripple Hill Hotel
Gerard L - Mrt 2017
Algehele gradering
Baie mooi en skoon en netjies en die diens is uitstaande.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Wonderlik om dit te hoor! Baie dankie.
- Ripple Hill Hotel
Roald G - Des 2017
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Baie dankie vir u kommentaar as ek na die ster-toekenning kyk, hoop ek dat u verwagting goed was, eerder as sleg.
Ripple groete
Cor J - Mei 2017
Algehele gradering
Verrassend vir die platteland.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dis goed om te hoor, Cor, baie dankie. Ons hoop om jul in die toekoms weer hier te ontvang :-)
Monica R - Mei 2017
Algehele gradering
Skoon, gerieflike kamer met uiters vriendelike diens.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Plesier, Monica en Kobus. As die resensie nie so koud soos die bier en so koel soos die kamer is nie, klop ons harte warm, baie dankie.
Liezel B - Mrt 2017
Algehele gradering
Sou graag meer van die bestuur wou sien.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie. Ons is bly dat u u verblyf geniet het.
Ripple groete.
David Clarence M - Apr 2017
Algehele gradering
Baie lekker gebly en beslis waarde vir my geld.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Beste David,
Wat kan ek sê - om sulke resensies te lees laat my hart warm klop. So bly dat u alles hier in orde gevind het. Dit stem ons oombliklik positief en verskaf die nodige lus en energie om verdere verbeterings in en om ons plek aan te pak. Ons het nooit ontmoet nie, maar baie dankie vir u tyd en moeite om 'n resensie te skryf. Dit word waardeer.
Groete,
Ripple Hill - bestuur
Jp B - Jul 2017
Algehele gradering
Baie lekker en 'n rustige plek
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Ons is bly dat u alles in orde gevind het. Dankie vir u besoek. Hier is nie noemenswaardige misdaad in ons dorpie nie, en tot dusver is ons gaste se voertuie en bagasie gelukkig nog geen skade berokken nie. Die parkeerarea agter die gebou is wel nie agter slot en grendel nie, maar daar is ligte en die area is van geen pad af sigbaar nie. Dankie vir u moeite om te skryf.
Ripple Groete
Melanie F - Jun 2017
Algehele gradering
Ons het baie lekker gebly en die kamer was netjies en gerieflik.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie, Melanie!
Annemarie M - Apr 2017
Algehele gradering
Die kamer was skoon en gemaklik, maar nie die prysklas werd nie.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Goeiedag Annemarie,
Dankie vir die terugvoer, dis goed om te weet. Ons het u verlede week 4 maal geskakel om duidelikheid te verkry aangaande u ervarings hier by ons, maar kon u ongelukkig nie bereik nie.
Volgens die diensrooster het Bella u ingeboek. Ek ken haar nie as iemad wat nors en kortaf is teenoor gaste nie. Moeg kon sy ook nie wees nie, aangesien sy pas aan diens gekom het. Ek sal die kamera beeldmateriaal moet gaan raadpleeg om verder duidelikheid te kry.
Wat die 'stink' kamer betref: hieroor is ek totaal verward. Ons kamers is almal streng nie-rook, soos die kennisgewings in elke kamer ook aandui. Ek erken daar is soms gaste wat eenvoudig nie hul lus wil of kan beteuel nie, en dan wel skelm rook. Dit kan ek ruik die oomblik dat ek 'n kamer binnegaan. Om jou vinger persoonlik op elke liewe ding te hou, is 'n onmoontlike taak, maar ek probeer my uiterse bes. Ek is vroeër daardie Saterdagmiddag persoonlik deur elke gastekamer en badkamer. As dit op daardie stadium na rook geruik het, sou ek u definitief in 'n ander kamer akkommodeer het. Wat dit nog vreemder maak is dat daar nie die vorige aand gaste in daardie kamer geslaap het nie. Ek weet ook dat ek die kamerdeur en -vensters oopgelos het, soos ek altyd maak wanneer ek gaste verwag. Of dit moontlik was vir die rook om vanaf die kroeg-area met die gange langs te kon oorwaai tot in kamer 7 of 'n ander persoon wat naby die kamer kon gerook het, is 'n ope vraag. In die vervolg sal die deure en ruite moet toehou voor die aankoms van gaste. Jammer vir die slegte ervaring!
Ek is verlig dat u die kamer as skoon en netjies ervaar het. Dit spog immers met 'n spinternuwe glas stortkamer, lugversorging, en nuwe, spierwit Super King-grootte duvet, inner, en linne. Met betrekking tot die prysklas, voeI ek dat R275pp 'n bilike tarief is vir 'n kamer met 'n 3-ster gradering. Daar is wel geen uitsig nie, en ja, die Ripple Hill Hotel sit in die middedorp van Patensie, waar dit ongeveer 70 jaar gelede gebou is, en die Groot 5 loop nie in die agterplaas rond nie, maar dit weet voornemende gaste reeds wanneer hul ons webtuiste bekyk of 'n aanlyn bespreking by 'n plattelandse hotelletjie doen.
Ons waardeer wel u insette en dank u vir die moeite. Dit dien gewis as motivering om te verbeter waar moontlik.
Wendy C - Nov 2017
Algehele gradering
Pragtige, netjiese hotel, met houtvloere, mooi gerestoureer.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie vir die kuier, Wendy.
Wilna B - Jul 2016
Algehele gradering
10 uit 10! Die beste plaasdorpverblyf wat jy kan kry.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Ag, dis goed om te hoor, baie dankie, Wilna.
Brian S - Des 2016
Algehele gradering
Fantasic!
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Glad to hear, Brian S. We aim to please. Dankie vir jou moeite om 'n resensie te skryf.
Andrea M - Jul 2016
Algehele gradering
Skoon en netjies.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
En om jul hier te hê, was net 'n plesier, Andrea. Groetnis uit Patensie, Ripple Hill Hotel.
Nerine N - Sep 2016
Algehele gradering
Heerlike kos, baie vriendelike eienaar en werkers.
Lisette N - Jun 2016
Algehele gradering
Baie vriendelik, niks was te veel moeite nie.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Net 'n plesier, Mevrou. Ons is bly dat jul dit hier geniet het. Groete, Ripple Hill Hotel.
Piet S - Des 2016
Algehele gradering
Gerieflike slaap- en eetplek na 'n dag se ry deur die Baviaanskloof.
Juanita P - Des 2016
Algehele gradering
Fantastic service.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Thank you, Juanita. We hope to see you during 2017. Ripple greetings.
Dan V - Apr 2016
Algehele gradering
Basiese verblyf in eenvoud en oudmodiese styl.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie vir die terugvoer, Dan. Jip, hierdie plankvloere is nou eenmaal 'n krakerige/raserige spul! Bespreek volgende keer asb tog 'n en-suite dubbelkamer sodat jy nie die badkamers in die gang hoef te gebruik nie. Die meeste van ons kamers het badkamers - dis net ons goedkoper twin kamers waar die badkamers in die gang gebruik moet word. Hoop om jou weer te sien.
Groete, Ripple Hill Hotel.
Daniel B - Okt 2016
Algehele gradering
Baie rustig!
Anonieme gas - Des 2016
Algehele gradering
Joan Z - Mei 2016
Algehele gradering
Baie plattelands.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Beste Joan
Baie dankie vir die terugvoering. Ons is bly dat jul die tydjie hier geniet het. Bespreek volgende keer vroegtydig om seker te maak dat jul plek kry in een van ons en-suite kamers en dus nie badkamers hoef te deel nie :-)
Vriendelike groete,
Ripple Hill Hotel
Abraham Johannes P - Des 2015
Algehele gradering
Heerlike ruim kamer met my eie buitedeur.
Ripple Hill Hotel se terugvoer
Dankie Appie. Ons hoop om jou weer te sien, en vra tog vir kamer 12 as jy weer 'n kamer met 'n buitedeur wil hê.
Mooi bly, Ripple Hill Hotel.
Dd C - Okt 2015
Algehele gradering
Alles het goed gewerk, en die restaurant was lekker.
Carel R - Mei 2015
Algehele gradering
Heerlik rustig met plaasgevoel.
Tobie K - Apr 2015
Algehele gradering
Wonderlike, vriendelike, Afrikaanse mense. Heerlik daar oorgebly.
Maryke B - Nov 2013
Algehele gradering
'n Lafenis om na terug te keer.
Anne-marie S - Sep 2013
Algehele gradering
Baie aangenaam, vriendelik en flinke diens. pragtige kamers. Heerlik k sal defnetief
Willie S - Des 2013
Algehele gradering
'n Ruim en netjiese hotel met heerlike kos.
Nj T - Aug 2013
Algehele gradering
Fasiliteite is baie basies en nie regtig waarde vir geld.
David M - Nov 2011
Algehele gradering
Highly recommendable!
Pieter Z - Mrt 2011
Algehele gradering
Clean and comfortable, good food.
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Paul Ferreira, Patensie, 6335, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang