Rise and Shine Lodge
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wynand Mouton-rylaan 2, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Vanaf R1 074 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rise and Shine Lodge is 'n huislike gastehuis in Universitas, Bloemfontein. Die lodge is sentraal geleë, sowat 100 m van die Universiteit Vrystaat se westelike hek, 1,1 km vanaf die Universitas Hospitaal, 5 km vanaf die Vrystaat-stadion en 16,9 km vanaf Bloemfontein-Lughawe. Die lodge is ideaal vir reisigers, studente, sakemanne of gesinne.
Verblyf word gebied in gerieflike gastekamers wat natuurlik en aards versier is. Elke kamer beskik oor sy eie ingang en 'n en suite-badkamer. Elke kamer is toegerus met 'n TV en sekere DStv-kanale, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige van die kamers het ook 'n yskassie.
Rise and Shine het 'n gemeenskaplike sitkamer en kroegarea wat permanent oop is. Gaste kan ook in die tuin ontspan wat oor 'n swembad beskik, of van die ingeboude braaigeriewe gebruik maak.
'n Opsionele buffet-ontbyt is beskikbaar. Na 'n lang dag kan gaste 'n koue bier of verfrissende drankies op die patio in die sitkamer geniet.
Die personeel is altyd vriendelik en gretig om met enigiets te help.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.7/5
I.T Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Wynand Mouton-rylaan 2, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink Rise and Shine Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Universitas Universitas Ridge Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wynand Mouton-rylaan 2, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang