Riva Resort
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R359, Louisvale, Upington, 8800, Noord-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Riva Resort is geleë op die oewer van die Oranjerivier, net buite die skilderagtige, warm Kalahari-dorp, Upington.
Kom ervaar die asemrowende sonsondergange, 'n ster-gevulde Afrika-hemel, die plaas atmosfeer van rus en vrede, die magtige Oranjerivier, en die gefluister van Moeder Natuur as jy saans 'n vuurtjie op jou voorstoep maak.
Riva Resort bied luukse verblyf met selfsorg-geriewe. Daar is dubbel- en gesinskamers, elk met sy eie privaat ingang en patio met braaigeriewe. Dit maak die oord die ideale plek vir groepsbesprekings, reüniegroepe, konferensies, asook troues en ander funksies.
Gaste het toegang tot 'n TV met DStv, swembad, speelpark vir kinders en visvang geriewe. Voëlkykers word ook bederf met meer as 20 verskillende voëlspesies, terwyl die wild saans op die gras tussen die chalets baljaar.
Heerlike ontbyt, asook verskeie lekker ander etes word vanaf 'n a la carte spyskaart by die restaurant bedien.
Riva Resort en sy vriendelike personeel staan reg om sy gaste te ontvang en te bederf met sakpas pryse in die hartjie van die Groen Kalahari.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Marna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 42
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R359, Louisvale, Upington, 8800, Noord-Kaap
- Gaste dink Riva Resort het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R359, Louisvale, Upington, 8800, Noord-Kaap