Rivendell
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 26 Nov 2024 tot 10 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milnerstraat 30, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 330R1 748 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Rivendell is 'n selfsorgvakansiehuis in Umkomaas wat maklike toegang tot die rivier en die strand bied. Die eiendom is ideaal geleë om jou gesin se vakansie gemaklik en onvergeetlik in klassieke styl te maak.
Dié akkommodasie bestaan uit 'n tweeslaapkamerhuis en 'n eenslaapkamerwoonstel wat op dieselfde omheinde perseel geleë is. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n spens. Daar is 'n waskamer wat 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër insluit.
Die kombuis lei na 'n ruim eetkamer met 'n groot etenstafel vir gesinsmaaltye.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n pooltafel, kaggel en 'n TV met DStv. Wi-Fi is beskikbaar. Deur die stapeldeure is daar 'n dek met buitemeubels en 'n plonspoel vir gaste om af te koel.
Die aparte woonstel beskik oor 'n mezzanine wat met 2 enkelbeddens gemeubileer is, asook 'n leefarea, kombuisie en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dit is ideaal vir Oupa en Ouma of tieners wat alleen gelaat wil word.
Gaste geniet veral die vuurmaakplekbraai langs die patio wat die geleentheid bied om die middag see-uitsig in die tuin oor 'n skemerkelkie of twee en later op 'n braai terdeë te geniet. Die groot buitetafel op die patio bied die geleentheid vir gaste om al fresco-maaltye in die skadu van die groot bome te geniet.
Voertuie parkeer veilig op die perseel waar dit nie van die straat af gesien kan word nie en daar is 'n elektriese hek wat die huis privaat hou.
Dit is baie naby die Umkomaas-duikoperateurs en die Umkomaas-gholfbaan. Jy het amper nie 'n kar nodig nie. Dit is ook net 'n paar minute se ry vanaf die pragtige Scottburgh-strand en die winkelsentrums in Scottburgh. Die Galleria Mall in Amanzimtoti is net 15 minute weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Werner Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Milnerstraat 30, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Rivendell het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mid-Illovo Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milnerstraat 30, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang