River Crossing
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 7 en 30 van Cathkin Plaas, D277, Champagne Valley, Sentraal Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 170 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
River Crossing bied gerieflike selfsorgverblyf in Champagne Valley in Sentraal Drakensberg. Die perseel bied 'n rustige omgewing met panoramiese uitsigte op Cathkinpiek en Champagne Castle wat deel vorm van die Drakensberge. River Crossing is op 'n 40 ha-plaas langs die Sterkspruit- en Mtotiriviere geleë en gaste kan langs die rivier gaan stap, voëls kyk en soms ook die rietbokke, bosbokke en duikers te siene kry.
Verblyf word in 10 en suite-slaapkamers gebied. Elke kamer is toegerus vir selfsorg, behalwe die 2 semi-selfsorgkamers in die hoofvilla.
Villa Venezia en Villa Romanza is 2 villas wat in 2 aangrensende, maar aparte, tweeslaapkamersuites verdeel is. Elke suite beskik oor 2 slaapkamers, sy eie privaat ingang en 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitarea. Draagbare braaigeriewe is beskikbaar.
Villa Adamo bied 2 en suite-slaapkamers wat elk 'n yskassie, TV met sekere DStv-kanale, en 'n privaat stoepdeur het. Gaste wat hiér bly het toegang tot braaigeriewe, eetgerei en breekware. Gaste kan ook op die lapa onder die dak ontspan.
Die lapa het 'n mooi uitsig op die Drakensberge en het ook 'n swembad en ablusiegeriewe vir mans en dames. Die lapa het sitplek vir 70 gaste en is dus ideaal vir privaat funksies soos troues, reünies, klein konferensies en verjaardagpartytjies.
Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit die Maloti Ezemvelo Natuurreservaat, voorheen bekend as Monks Cowl, die Falcon Ridge Roofvoëlsentrum, die Blue Grotto-staproete, visvang, helikopter toertjies, 4 Rivers-avonture, die Drakensberg Canopy-toere, perdry, gholfspeel en spa-besoeke in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Terrence Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Erfdeel 7 en 30 van Cathkin Plaas, D277, Champagne Valley, Sentraal Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink River Crossing het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 7 en 30 van Cathkin Plaas, D277, Champagne Valley, Sentraal Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang