Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

River Place Manor

Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Steenboklaan 36a, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 650 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Ervaar die ware grootsheid van die Oranjerivier reg op jou voorstoep. Asemrowende sonsondergange, die gefluister van vloeiende water en 'n ster-gevulde Afrika-hemel, bied 'n atmosfeer van ongeëwenaarde rus en vrede. River Place is geleë op een van Upington se wynplase, dog net 3 min vanaf Upington se middedorp.

Hierdie eksklusiewe gastehuis bied luukse verblyf met en suite-kamers, elk met 'n individuele styl, wat sal voldoen aan 'n gas se elke behoefte. Ons personeel is vriendelik en sal elke poging aanwend om jou tevrede te stel. Met 17 luukse eenhede bied ons selfsorg-geriewe, dubbel-en familiekamers met koffie-teegeriewe en mini-kroegyskaste. Al ons kamers het eie privaat ingange en balkonne of patios wat uitkyk oor die rivier of die wingerde. Die meeste kamers is selfsorg-eenhede met balkonne met braaigeriewe.

Die kano's laat jou toe om in die natuur te vertoef. Luister na die voëlgesang terwyl jy die visse dophou wat rondspring om jou te groet. Verken die klein eiland-inhamme wat baie na aan River Place Manor soos 'n legkaart in die water lê. Laat die kano te water vanaf ons pier en bevind jou in 'n wêreld van jou eie.

Voëlkykers is in vir 'n bederf. Upington en omgewing bied 'n verskeidenheid van voëlsoorte waaronder 20 roofvoëlspesies teenwoordig is. Bring jou eie verkyker, ontspan op ons grasperke langs die rivier en tik elke nuwe spesie wat jy sien, af.

River Place Manor, 'n juweel van die Groen Kalahari, bied sy gaste 'n onvergeetlike verblyf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Leon F
Besigheidsreis
5.0
Uit die veld geslaan! Wat 'n ervaring! River Place Manor is nie net 'n pragtige gastehuis nie, maar die hulpvaardigheid en vriendelikheid van al die p...
Sien meer
Aug 2024
Anita M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike, luukse akkommodasie. Pragtige akkommodasie met 'n lieflike uitsig oor die rivier! Die personeel is vriendelik en hulpvaardig. Ons sal beslis...
Sien meer
Jul 2024
Hendrik L
Saam met lewensmaat
5.0
Moerse! Skoon, gerieflik en gemaklik. Gepoeier met puik diens! en sy span is altyd daar vir jou!
Apr 2024
Jade N
Saam met lewensmaat
5.0
Very, very nice. Had a great view and service was excellent.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023
Elmie M
Gesin met tieners
4.8
Kon heerlik rus na lang dag se ry. Ons het baie lekker gebly en die heerlikste aandete geniet van ons hele week se vakansie.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ronel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Steenboklaan 36a, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Gaste dink River Place Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Steenboklaan 36a, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc1ffa41c271dc7af3f65f6d8918aa1e5fc6409989d37dc43fe2dfbb73d79c552f773d02249f791ffa984ef11747246ed220?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 650 per nag, vir 2 mense 67 5 1 5 36a Steenbok Avenue Upington 8800 Noord-Kaap 021 201 8901 13:00-22:00 11:00 -28.452204386409 21.260529670599

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang