Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

River View

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Grewarlaan 8, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

River View bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n dubbelverdiepinghuis met 'n uitsig oor die Vaalrivier. Die huis is in die skilderagtige dorpie Parys geleë, met 'n rits kunswinkels, restaurante en die Vaal de Grace Gholfklub, wat 4 km van die kothuis af geleë is.

Die kothuis beskik oor 2 en suite-slaapkamers, een met 'n stort en die ander een met 'n bad en stort, sowel as 'n ekstra gastetoilet. Die 2 slaapkamers is op die boonste verdieping en elkeen het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed wat altesaam 6 gaste akkommodeer. Daar is lugversorging in elke slaapkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die gastetoilet en die groot oopplan-leefarea, -eetarea en -kombuis is op die grondverdieping. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien en mikrogolfoond toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 en 'n sitarea met 'n TV met die volle DStv-pakket.

Die groot stoep het 'n tafel met sitplek vir 10 waar gaste kan ontspan en die rivier-uitsig kan bewonder. Die huis het ook binne- en buitebraaigeriewe, onbeperkte WiFi, 'n dubbelmotorhuis en 'n alarmstelsel vir sekuriteit.

Daar is baie aktiwiteite in en om Parys, insluitend 'n spa net om die draai. Die huis is ideaal vir 'n ontspannende vakansie en kan ook vir konferensies gebruik word.

Verder is daar 'n boorgat, JoJo-tenk en sonkrag op die perseel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Daphne F
Saam met vriende
5.0
Fantasties en salig. Gasheer het belang gestel in ons aankoms. Ons was effens vroeg en hy was gewillig om ons in te laat. Vriendelike verwelkoming. Hu...
Sien meer
Aug 2024
Rupert V
Gesin met tieners
5.0
Pragtige, rustige omgewing en verblyf. Absoluut die moeite werd. Ons gasheer was baie behulpsaam. Verblyf was netjies en skoon. Baie ruim kamers. Binn...
Sien meer
Aug 2024
Leandra M
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic. I booked River View for the weekend to celebrate my birthday. My family and I really enjoyed our stay. The host is such a da...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Dnie S
Saam met vriende
5.0
Uitstaande, regtig rustig en baie geniet. Baie skoon, netjies, waarde vir geld. Die eienaar is baie vriendelik en baie behulpsaam.
Jun 2024
Hanalize K
Saam met vriende
5.0
Gesellig, goed gelee, mooi. Dit was heerlik! Hulle het soveel moeite gedoen en die huis is lieflik.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Hein Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 30

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Grewarlaan 8, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink River View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Grewarlaan 8, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA941e2d504a2eb9e135da6d0826fc84fa97e3c98e9a7b4692bd24566e4805f27762ba945cc7dbb2971176d4bdb09f7f1d83f3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) 26 5 1 5 8 Grewar Avenue Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -26.905056552851 27.438970952115

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang