Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riverclub 4217

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zambezi-singel 4217, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Riverclub 4217 is 'n luukse, ruim en goedtoegeruste selfsorghuis wat sentraal geleë is in die Riverclub-kompleks aan die oewer van die Piesangrivier in die kusdorpie Plettenbergbaai. Hier kan jy heerlik rus en ontspan. Hierdie vyfslaapkamerhuis bied eersteklas-akkommodasie vanwaar die area se asemrowende strande, ongelooflike woude en natuurskoon verken kan word. Dit is ook net 5 minute se ry van die gholfbaan en gimnasium af.

Hierdie luukse huis is sonnig en lugtig aan die binnekant. Die dekor bestaan uit minimalistiese, neutrale sandskakerings en goeie gehalte afwerkings. Die groot oopplan-leefarea lei na 'n patio met buitelug-eetkamergeriewe wat uitkyk oor 'n visdam en pragtige tuine. Daar is ondervloerse verhitting in die leefareas en 'n gaskaggel in die sitkamer vir die koeler wintermaande.

Die grondvloer bestaan uit 'n oopplan-sitkamer, 'n eetkamer wat lei na 'n stoep met braaiplek, 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, 'n tuimeldroër, wasmasjien, dubbeldeur-yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n gasstoof met 'n elektriese oond. Daar is 1 luukse kamer met 2 enkelbeddens, 'n gastetoilet en 'n dubbelmotorhuis.

Die eerste verdieping bestaan uit 4 ruim, luukse slaapkamers. Twee van die slaapkamers het 'n dubbelbed en een slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer en een van die dubbelkamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n wasbak. Daar is verder twee slaapkamers, waarvan een op die grond verdieping is met 2 enkelbeddens. Die 2 enkelbedkamers en die laaste dubbelkamer deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n bad. Al die kamers lei na 'n TV-kamer.

Daar is TV's op die grondvloer en eerste vloer met die volle DStv-pakket. WiFi is op die grondverdieping en die eerste verdieping beskikbaar. Ander geriewe in die huis sluit in 'n kampkot, babastoel, tennisrakkette en -balle, strandstoele, 'n sonsambreel, strandrakette en -balle, strandhanddoeke, komberse, verwarmers en waaiers, en 'n kluis in die hoofslaapkamer vir waardevolle besittings. Daar is 24-uur sekuriteit en veilige parkering.

Die eiendom het 'n omsetter en sonkrag, en dus word gaste nie deur beurtkrag geaffekteer nie.

Die sekuriteitskompleks het 'n varswaterswembad wat omhein is maar nie 'n net of skerm oor het nie en daar is ook 2 tennisbane en muurbalbane. Dit is 10 minute se stap van Central Beach en die Beacon Isle Winkelsentrum af waar gaste 'n Spar, apteek, tandaarts, dokter, verskeie restaurante en 'n drankwinkel is.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Melissa M
Gesin met klein kinders
5.0
I will go again and again and again and again. Absolutely amazing. Absolutely divine!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Jacqui V
5.0
Exceptional. The hostess is exceptional. The house was spotless, well appointed and very comfortable. Can't wait to go back!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Martienet F
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlike verblyf, area en huis is ruim en gee rus vir die siel. Ons het heerlik gebly. Dit is in 'n wonderlike rustige en veilige area. Die huis het...
Sien meer
Jul 2024
Brendan D
5.0
Excellent for families. The stay was excellent! The house and terrace are perfect and suited our every need. We would have loved to sta...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Paul B
5.0
Fantasties! Ons was 'n familie met ses groot mense en vier kinders. Die huis is ruim en het voldoen aan ons behoeftes. Die goeie uitleg maak dat selfs...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Tania Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Zambezi-singel 4217, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riverclub 4217 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zambezi-singel 4217, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ2ZWE1MTVjLTVhNzUtNDcyMi05ZGI2LWYwZjE0ODkyYWVkMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 10 mense 45 5 1 5 4217 Zambezi Crescent The River Club 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.061214249845 23.367504179478

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang