Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riversford

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riversford-plaas, Tierpoort, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Riversford is 35 km suid van Bloemfontein geleë en is die ideale oornagverblyf. Dit is naby die N1 op pad Kaap toe, 2,2 km vanaf die Tierpoortdam.

Verblyf is beskikbaar in 4 eenhede, naamlik die Hoofhuis, die Stoepkamer en Kothuis 1 en Kothuis 2. Die hoofhuis het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het sy eie badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak in die een badkamer en 'n stort, toilet en 'n wasbak in die hoofslaapkamer se en suite-badkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n ketel vir tee en koffie. Die eenheid het ook 'n TV-area waar gaste heerlik kan ontspan.

Die tweeslaapkamer-kothuis bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is een badkamer in die eenheid wat 'n stort, toilet en wasbak het. Daar is 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe in die kothuis.

Die stoepkamer lei na die stoep, maar is privaat van die res van die huis. Daar is slaapplek vir 2 gaste. Die eenheid het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe.

Die tweede kothuis het 'n oopplan-uitleg en beskik oor 'n kombuisie, 2 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Kom geniet die lieflike atmosfeer op Riversford en rus lekker vir die res van die reis wat voorlê.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Andrew H
Saam met lewensmaat
5.0
Very good. It was a short overnight stay, but it was well appointed and obviously professionally managed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Michell S
Saam met lewensmaat
5.0
Plaas lewe. Baie lekker en rustig.
Apr 2024
Anda P
Saam met lewensmaat
5.0
Was netjies en skoon. Baie oulik. Ons het baie lekker gebly. Lekker rustige plaashuis en plaasatmosfeer. Sou ontbyt aanbeveel as ons oppad Kaap toe wa...
Sien meer
Jan 2024
Annette B
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, pragtig, netjies, mooi. Baie baie lekker gebly. Opreg dankie.
Jan 2024
Maston L
Saam met lewensmaat
5.0
Enjoyable. We enjoyed our overnight stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Altus Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Riversford-plaas, Tierpoort, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Gaste dink Riversford het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riversford-plaas, Tierpoort, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6b23e898fddd6995409eea2b51b7cc37be438f1ec2478127d40bcf3d3e9ca87826505d5642e5c8f3ada2268b09ea6c2d7574?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 85 5 1 5 Riversford Farm Tierpoort 9300 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.399402258291 26.118841693111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang