Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riversong

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baviaanskloof-weg 2, Riverview Apartments 19, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Riversong is 'n smaakvol gemeubileerde woonstel op die grondvloer, net 7 minute se stap vanaf Houtbaai se prentjiemooi strand. Die woonstel is in 'n veilige, skaduryke area, stapafstand vanaf supermarkte, restaurante, banke en gimnasiums geleë en is die ideale vakansieverblyf.

Dié tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamerbeddens kan op versoek in 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens omskep word. Gaste deel die gebruik van 'n badkamer wat toegerus is met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Dit strek tot by die etenstafel met sitplek vir 4 en lei verder na die sitkamer wat met gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale gemeubileer is. Gratis WiFi is ingesluit.

Die sitkamer loop uit na 'n klein patio met buitemeubels, perfek vir gaste om 'n oggend koppie koffie te geniet. Gaste kan die tuinareas geniet en kan afkoel in die gemeenskaplike swembad gedurende die warm somersdae.

Hierdie eiendom is naby verskeie restaurante, koffiewinkels, supermarkte en apteke, en is stapafstand vanaf die gewilde City Sightseeing Bus en munisipale busdiens, MyCiti.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Erna Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 9

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Baviaanskloof-weg 2, Riverview Apartments 19, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baviaanskloof-weg 2, Riverview Apartments 19, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcd90d80a7328e2f34c6216903ae11c23c95b3614d3944dab10237c257c8fab08fefbf6b94211a12b3a40d411e986db2590df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4) 2 Baviaanskloof Road 19 Riverview Apartments 7806 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.042880858032 18.360579013824

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang