Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riversong Guest House

Gastehuis
Naweekaanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 25 Mrt 2025 tot 31 Aug 2025.

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Esmestraat 14, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 850 R3 273 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Riversong Guest House is 'n boetiek-gastehuis in die hartjie van Nuweland in Kaapstad. Dit is op die oewer van die Liesbeekrivier geleë en spog met panoramiese uitsigte oor Tafelberg. Dit is gerieflik geleë in die Suidelike Voorstede en dus die ideale basis vir die oordeelkundige sakereisiger of vakansieganger.

Hierdie gastehuis het 'n alernatiewe gefilterde waterbron. Dit maak nie van munisipale water gebruik nie. Daar is ook 'n plonspoel en 'n houtvuurwarmbad.

Verblyf word aangebied in 8 en suite-kamers en elkeen is ingerig met WiFi, 'n yskassie, draagbare lugversorging, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n alternatiewe energiebron en die verblyf word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

'n Volledige Engelse ontbyt word in die eetkamer bedien, met 'n uitsig oor die tuin en swembad. Al die kamers het 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Mr Delivery se spyskaart is in die kamer.

Riversong is net 'n kort entjie se stap van Nuweland se krieket- en rugbystadions, Cavendish Square, Claremont se middestad, die Vineyard Hotel en konferensiesentrum en verskeie plaaslike restaurante en besighede af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Inri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Esmestraat 14, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riversong Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 850
R 3 850 R 3 273
per nag, vir 2 mense
Vanaf R3 850
R 3 850 R 3 273
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Esmestraat 14, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBiMmZiZWJhLTExMDAtNGZhNC05Yzg4LTczMTQ4NjNiZTEyOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 850 nouVanaf R3 273 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 14 Esme Road Newlands 7700 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 11:00 -33.974828580323 18.462469949738

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang