Riverview
Kry 10% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Baumeesterstraat 5, Fisherman's Village, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
-
Vanaf
R650R585 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Riverview beslaan 'n deel van die eienaar se huis, maar bied heeltemal privaat selfsorgverblyf in Velddrif.
Hierdie knus oopplan-eenheid beskik oor 'n slaapkamer, en suite-badkamer en kombuisie. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n gemaklike rusbank. 'n Stort, wasbak en toilet is in die en suite-badkamer beskikbaar.
Die kombuisie is toegerus met basiese verhit-en-eetgeriewe soos 'n mikrogolfoond, yskassie, broodrooster, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV met Netflix- en Showmax-kanale en gratis WiFi in.
Dié eenheid spog met ongelooflike uitsigte oor die rivier asook direkte toegang tot die water en privaat braaigeriewe wat vir die gaste gereserveer is. Veilige onderdakparkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar.
Die woonstel is sentraal geleë en is 'n kort entjie vanaf restaurante, hoop en toeriste-aantreklikhede. Neem asseblief kennis dat die eenheid nie rolstoeltoeganklik is nie, en ons kan nie diere op die perseel akkommodeer nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Kobie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 48
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Baumeesterstraat 5, Fisherman's Village, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Riverview het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Baumeesterstraat 5, Fisherman's Village, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang