Riverview Spa & Accommodation
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riverview Spa, Zwartkop, Beyers Naude, Muldersdrift, 1747, Gauteng
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Riverview Spa & Accommodation is aan die oewer van die Krokodilrivier op die grens van die Wieg van die Mensdom geleë. Hierdie instansie is perfek vir gaste wat smag na 'n wegbreek in die bosveld, ver van die stad se gedruis af.
Riverview Spa & Accommodation het 6 losstaande chalets wat uniek en smaakvol versier is. Hierdie chalets het elkeen 2 driekwartbeddens of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Elke chalet het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Neem asb. kennis dat daar nie WiFi of selfsorggeriewe is nie.
Gaste kan vooraf halfdag- of voldagpakkette vir die spa bespreek. Dit sluit 4 tot 6 uur lange spa-behandelings en maaltye in. Ontbyt word 09:00 bedien en ander heerlike middagetes word in die koffiewinkel bedien. Aandetes word by die chalets afgelewer.
Piekniekmandjies kan gereël word as gaste langs die rivier wil piekniek hou. Die oord het ook 'n swembad en veilige parkeerplek vir voertuie.
Riverview Spa & Accommodation is minder as 'n uur se ry vanaf Pretoria, 30 min se ry van Johannesburg af en 15 min se ry van Lanseria Internasionale Lughawe af.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Elmari Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Riverview Spa, Zwartkop, Beyers Naude, Muldersdrift, 1747, Gauteng
- Gaste dink Riverview Spa & Accommodation het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riverview Spa, Zwartkop, Beyers Naude, Muldersdrift, 1747, Gauteng