Riviera @ Vaal
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riviera-straat 1, Douglas, 8730, Noord-Kaap
- Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Riviera @ Vaal is in die hartjie van Douglas geleë, op die oewer van die Vaalrivier. Douglas is 'n rustige dorpie in die Noord-Kaap, ongeveer 120 km suidwes van Kimberley, die Diamantstad. Dit is die ideale wegbreekplekkie vir sakereisigers of vakansiegangers.
Verblyf word aangebied in 6 stylvolle villas, sommiges met 1 kamer en ander met 2. Vars linne, handdoeke en 'n skoonmaakdiens word voorsien. Die moderne afwerkings vervolmaak die prentjie. Die villas is volledig toegerus vir selfsorg en het ook braaigeriewe buite.
Riviera @ Vaal is in 'n rustige omgewing en het 'n huislike atmosfeer. Hier kan jy weer jou kop skoonkry en dit bied jou 'n privaat en ontspanne ruimte wat jy jou tydelike tuiste kan noem. Dit is in 'n veilige kompleks met toegangsbeheer. Let asseblief daarop dat alhoewel Riviera @ Vaal op die rivieroewer is, dit nie juis 'n plek is waar watersport beoefen word nie.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 88
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Riviera-straat 1, Douglas, 8730, Noord-Kaap
- Gaste dink Riviera @ Vaal het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riviera-straat 1, Douglas, 8730, Noord-Kaap